Leesplan inligting

7 Stadiums van Verdriet na 'n MiskraamVoorbeeld

7 Stages Of Grief After Miscarriage

DAG 5 VAN 7

In 2 Samuel 12 stuur God vir Natan om koning Dawid te konfronteer omdat hy Batseba se man, Urija, vermoor het. Dawid het homself probeer beskerm van die nagevolge van sy buite-egtelike verhouding met Batseba. God het geweet dat Dawid 'n berouvolle hart gehad het oor sy sonde, maar Hy moes 'n nagevolg gee wat sou verseker dat Dawid nooit weer so 'n sonde pleeg nie. 



God het toegelaat dat Dawid en Batseba se seuntjie baie siek word. Vir sewe dae het Dawid gevas en gebid en God gesmeek en by Hom gepleit om sy seun te spaar. Op die sewende dag het Dawid se seun gesterf. 



Die amptenare was bang om hul koning te vertel dat sy seun dood is as gevolg van die feit dat hy die voorafgaande sewe dae so ontsteld was. Toe Dawid uitvind dat sy seun gesterf het, het hy opgestaan, aangetrek en begin om homself te versorg. Sy amptenare was so geskok oor die skielike verandering toe hy vir hulle sê: "Kan ek hom na my toe laat terugkom? Ek gaan na hom toe; hy kan nie na my toe terugkom nie." 



Dawid het geweet dat hy nooit weer sy kosbare seun sou sien terwyl hy op die aarde leef nie. Hy was vol vertroue dat hy met sy seun herenig sou word in die hemel. Dawid kon toegelaat het dat sy skuldgevoelens hom opvreet en die res van sy lewe vernietig, asook die werk wat God vir hom gehad het om te voltooi. Natuurlik was Dawid verdrietig en hartseer. Hy het sy seun meer as homself lief gehad en daardie soort verdriet verdwyn nie oornag nie, maar hy het nie toegelaat dat dit hom verteer nie. 



Dawid het genoeg rede gehad om skuldig te voel en homself te blameer vir sy seun se dood, maar hy het nie. Hy het nie toegelaat dat sy skuldgevoel soos 'n ketting word wat hom vir die res van sy lewe pootjie nie. Met die hulp van God het hy aanbeweeg, verby die skuldgevoel.



As jy op hierdie oomblik met skuldgevoelens worstel, bid ek dat jy na God toe sal uitreik vir genesing. Ons vyand wil hê dat jy deur skuldgevoelens vasgeketting word, wat die teenoorgestelde is van wat God vir jou beplan. God gee innig om vir jou en Hy is die enigste Een wat die skuldgevoelens wat die vyand nou aan jou voorhou kan stilmaak. Kies vandag om nie toe te laat dat verdriet vir die res van jou lewe soos 'n ketting om jou gebind is nie. Jesus het jou vryheid aan die kruis bekom, moenie jouself toelaat om 'n slaaf van skuldgevoelens te word nie.



Aanbiddingslied:  Perfect way to start deur Craig Aven


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Stages Of Grief After Miscarriage

Die hartseer wat op 'n miskraam volg, het die potensiaal om ons nader aan God te trek of verder van Hom te verwyder. Ons vyand, die Satan, wil ons diepste emosies gebruik om ons so ver moontlik van God af weg te lok as w...

More

Ons wil graag vir Kim Meyer bedank wat hierdie plan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.relentlesswomenwarriors.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid