Leesplan inligting

Hoop IsVoorbeeld

Hope Is

DAG 8 VAN 14

Hoop Is Vir Ewig



Het jy al ooit die gesegde "Don’t sweat the small stuff” gehoor?



Sommige dae is makliker om te onthou as ander. Wanneer een kind 'n bohaai opskop in 'n kruidenierswinkel, oor 'n pakkie lekkers, is dit baie makliker om koelkop te bly as wanneer twee huil en onbeheers tekere gaan. Wanneer jou baas vir jou een dringende taak gee, is dit makliker om kalm te bly as wanneer jy tegelykertyd toegegooi word met drie werk noodgevalle.



Vir volgelinge van Jesus is dit moontlik om gemaklik te wees te midde van angstigheid. Johannes 14:1-3 sê dat wat ons op die aarde ondervind nie die einde is nie. Jesus kom terug vir ons en die hartseer wat ons in hierdie lewe ondervind sal soos 'n wasem voel vergeleke met die vreugde en vrede wat ons sal ondervind in die ewigheid saam met Hom. Die hoop wat ons in Jesus het strek baie verder as die hartseer oor verhoudings, finansiële spanning en oorweldigende werk wat ons elke dag ondervind.



Wanneer Jesus terugkom, sal ons hoop volledig en vervuld wees. Ons hoef nie in vrees te lewe nie, want Jesus het reeds gesterf aan die kruis, opgestaan uit die dode en vrees oorwin. Die vrede wat ons sal ondervind in die ewigheid met Jesus, gaan soveel groter wees as die bekommernisse wat ons vandag ondervind. Om aan Sy ewige hoop te dink verander nie ons omstandighede nie, maar dit verander wel ons perspektief van wat hier en nou gebeur.



Bid:



Jesus, baie dankie dat U hoop aanbied vir 'n lewe wat verby die bekommernisse van hierdie lewe strek. Help my om U ewige hoop te onthou wanneer ek begin oorweldig word deur bekommernis.



Oordink:



Wat is die "klein dingetjies" in jou lewe wat jou vandag gefokus hou op spanning en bekommernis?



Hoe verander Jesus se belofte om terug te kom jou perspektief op die spanning in jou lewe?
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is

Ons wil almal glo iets beter lê voor. En God weet ons het meer geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag...

More

Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid