Hoop IsVoorbeeld

Hoop Is 'n Noodsaaklikheid
Het jy al ooit 'n baba dopgehou wat leer kruip? Hy wieg vorentoe en agtertoe totdat hy een sentimeter vorentoe kan gaan. Soms neem hierdie proses 'n lang tyd, maar die baba is vasbeslote. Hy lê deursettingsvermoë aan die dag en hou aan tot hy dit regkry. Selfs wanneer dinge nie gaan soos hy eers verwag het nie, gee hy nie op of verloor hoop nie.
As mense wat Jesus volg, is dit noodsaaklik om nie op te gee nie. Hoop laat ons vorentoe gaan, veral in daardie oomblikke wat nie verloop soos ons verwag het nie. Daardie hoop kom nie van onsself af nie, maar van die Heilige Gees.
Hoop is nie 'n luukse nie; dit is 'n noodsaaklikheid. Hoop is nie onderhandelbaar as ons Jesus in hierdie lewe volg nie. Ons het hoop nodig, want daarsonder sal ons opgee.
Ons sal moeilikheid in hierdie wêreld teëkom en dinge sal nie altyd verloop soos beplan nie. Toe Paulus die kerk in Rome toegespreek het, het hy verduidelik hoe God hierdie tye gebruik om ons te help vorm: "... ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop" (Romeine 5:3b-4).
Hoe meer ons stryd in die gesig staar in hierdie lewe, hoe meer sal ons deursettingsvermoë, karakter en hoop groei. Soos die baba wat leer kruip, moet ons vorentoe beweeg met die hoop dat God ons uitdagings sal gebruik om ons voor te berei vir groter dinge wat kom.
Bid:
Jesus, dankie dat U ons wys hoe om in hoop vorentoe te beweeg. Laat groei my deursettingsvermoë, karakter en hoop in U.
Oordink:
Hoe kan die idee dat Jesus jou deursettingsvermoë, karakter en hoop in Hom laat groei, help om jou perspektief van jou huidige omstandighede te verander?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons wil almal glo dat iets beter voorlê. En God weet ons het meer as bloot geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het, is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag van hoop te ontdek, asook hoe dit ons siening van alles in ons lewens verander.
More
Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc