Leesplan inligting

Hoop IsVoorbeeld

Hope Is

DAG 1 VAN 14

Hoop Word In Jesus Gevind



Verbeel jou 'n kind raak verlore in die inkopiesentrum tydens Kersfeesinkopies. Selfs as die ouers vir ure en ure na haar moes soek, sou hulle ophou om haar te probeer kry?



Soos 'n kind wat van haar ouers geskei raak, so skei ons sonde ons van God. Romeine 3:23 sê ons "het almal sonde gedoen en skiet tekort aan die glorie van God." Dit klink heeltemal hopeloos, maar net soos 'n ouer nooit sal opgee nie, so het God 'n manier gevind om ons verhouding met Hom te herstel.



God het ons so liefgehad dat hy sy Seun, Jesus, gestuur het om vir ons 'n manier te maak om 'n verhouding met hom te hê. Ons kan nooit die skuld betaal wat ons sonde geskep het nie. Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy ons straf op Hom geneem. Toe Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy bewys dat Hy kragtiger is as al die sonde, dood en kwaad in hierdie wêreld. Wanneer ons Jesus in ons lewens innooi, word ons herenig met ons Vader in die hemel en ons ontvang die krag om te oorwin, net soos Jesus het.



Jesus is die voorwerp en bron van ons hoop. Dit is hoekom Kersfees so belangrik is. Sonder Jesus se geboorte, dood en opstanding, sou ons sondes nie vergewe kon word nie. Ons sou steeds verwyder gewees het van God, net soos 'n kind verlore is in die bedrywighede van die Kersfeesinkopies seisoen.



Hoop begin met ons hereniging met God en wanneer ons is, begin Jesus hoop bring na alle areas van ons lewe. Daar is geen situasie in jou lewe op hierdie oomblik wat te sleg is vir die "lewende hoop" wat aan ons beloof is in 1 Petrus 1:3 nie. Kersfees gaan oor hoop en dat hoop nooit sou moontlik wees sonder Jesus nie.



Gebed:



Jesus, baie dankie dat U 'n skuld betaal het wat ek nooit sou kon nie. U is die rede hoekom ek kan hoop hê in alle omstandighede. Help my om te onthou dat dieselfde krag wat in U lewe ook in my lewe. U het die ergste wat die wêreld kon aanbied oorwin en saam met U kan ek dieselfde doen.



Oordink:



Wat is die een area in jou lewe waar jy nou hoop sou kon gebruik? Vra God om jou te help om hoop te hê in alle areas van jou lewe.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is

Ons wil almal glo iets beter lê voor. En God weet ons het meer geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag...

More

Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid