Hoop IsVoorbeeld

Hope Is

DAG 13 VAN 14

Hoop Is Kragtig

Die behoefte aan krag in die vorm van elektrisiteit, hou ons wêreld aan die gang. Kan jy 'n dag deurgaan sonder jou haardroër, koffiemasjien, broodrooster, selfoon of rekenaar?

As enigeen van hierdie items van die kragpunt ontkoppel word, word dit nutteloos.

Net soos ons toestelle en elektronika krag deur elektrisiteit nodig het om bruikbaar te wees, het ons die krag nodig wat ons uit hoop put om effektiewe lewens te lei.

Hoop verander ons perspektief. Wanneer ons hoop het, kom dit van Jesus af, die onmoontlike word moontlik. Wanneer ons hoop het, is geen verhouding so gebroke dat dit nie herstel kan word nie. Wanneer ons hoop het, kan niks wat verkeerd gedoen is so erg wees dat dit nie vergewe kan word nie. Wanneer ons hoop het, is die kettings van verslawing nooit so sterk dat dit nie losgemaak kan word nie. Wanneer ons hoop het, kan ons bekommernis, vrees en twyfel vernietig.

Die hoop wat in Jesus gevind word, is 'n kragbron. Dit verlos ons van 'n oneffektiewe lewe. Dit laat ons potensiaal in Christus na vore kom. Dit maak ons onstuitbaar.

Bid:

Jesus, dankie dat U my gebruik om dinge te doen wat bo my vermoë is. Laat ek nooit vergeet dat my effektiwiteit net van U af kom en van die hoop wat U my gegee het nie.

Oordink:

Hoe kan jy vandag krag kry van die kragbron? Vra vir God om jou te help om vandag vol hoop te lewe, vol energie, passie en vreugde van die hoop wat net in God gevind word.

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is

Ons wil almal glo dat iets beter voorlê. En God weet ons het meer as bloot geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het, is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag van hoop te ontdek, asook hoe dit ons siening van alles in ons lewens verander.

More

Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc