Leesplan inligting

Hoop IsVoorbeeld

Hope Is

DAG 12 VAN 14

Hoop Is Die Beste Geskenk Wat Ons Kan Gee



Wat gebeur as jy 'n koppie vol maak met meer water as wat dit kan hou? Die water styg vinnig na bo, loop oor en vloei oor die rand.



Dieselfde ding wat met die koppie gebeur, kan met ons gebeur wanneer ons God toelaat om ons lewens met hoop te vul. Wanneer ons met hoop gevul is, loop dit oor en vloei dit oor in die lewens van die mense rondom ons.



Romeine 15:4 sê: "Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees."



God gebruik die Bybel om hoop in ons lewens te spreek, sodat ons dit met ander kan deel. Wanneer die beloftes van God ons fokuspunt word, styg hoop om ons harte te vul en affekteer diegene rondom ons. Die heel beste geskenk wat ons aan ander kan gee wat miskien hoop kort, is om dit wat aan ons gegee is toe te laat om oor te loop in hulle lewens.



Miskien is daar iemand wat jy ken wat in 'n seisoen is waar hoop kortkom. Hulle mag dalk reg wees om op te gee. As dit so is, moenie dat die dag eindig sonder om na daardie persoon uit te reik met hierdie boodskap van hoop nie. As hulle nie op hul eie hoop kan vind nie, laat hulle toe om van jou hoop, wat God jou gegee het, te leen. Dit sal die beste geskenk wees wat jy kan gee.



Bid:



Jesus, baie dankie dat U my bron van hoop is. Ek bid dat die hoop wat U my gegee het, sal oorloop in die lewens van ander en dat ek sal aanhou om op U staat te maak gedurende die tye in my lewe wanneer ek hoop nodig het.



Oordink:



Is daar enigiemand van wie jy weet wat vandag hoop nodig het? Bid vir daardie persoon, vra God om hulle te bemoedig en vir hulle hoop en vreugde te gee. Nadat jy gebid het, reik uit met 'n oproep of boodskap van bemoediging.
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is

Ons wil almal glo iets beter lê voor. En God weet ons het meer geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag...

More

Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid