Leesplan inligting

Hoop In Donker TyeVoorbeeld

Hope In The Dark

DAG 7 VAN 12

Onthou


Indien jy dink dat God jou vergeet het, het jy vergeet wie God is.



— Anoniem 



Wanneer ek in die vallei is, moet ek soms net onthou en terugkeer na wie ek weet God is. 



Habakuk se derde hoofstuk begin soos 'n aanbiddingslied, wat erken hoe moeilik die lewe is, maar tog alles onthou wat God gedoen het. Dit is nog 'n tree — 'n groot tree in ons reis om uit die vallei te kom. 



Habakuk bid: "Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het. Doen dit tog ook in ons tyd, laat u dade ook in ons tyd ervaar word, ontferm U selfs in u toorn.(Habakuk 3:2) 



Ek onthou my kollege dae, toe ek meer verlore was as wat jy jou kan indink. Ek het die naam van Jesus aangeroep en Hom gevra — feitlik uitgedaag het "indien U werklik is, en indien U wel bestaan, doen iets." Ek het op my knieë neergeval en toe ek daar opstaan, was ek 'n totaal ander persoon. 



Ek onthou hoe die Here Amy in my lewe gebring het. Ek koester haar vir die geskenk van God wat sy was en steeds is. 



Ek onthou die geboorte van ons dogter Catie, en hoe, toe sy omtrent drie jaar oud was, 'n uitlsag van kop tot tone gehad het as gevolg van 'n giftige plant. Voor sy gaan slaap het die aand, het sy vir my gesê: "Pappa, Jesus gaan my gesond maak, want ek het gebid." Ek onthou ek het nog gedink: "Dit is werklik kosbaar, maar wat gaan ek doen as sy môre nog die uitslag het?" Die volgende oggend het sy poedelnakend en uitbundig van vreugde ons kamer ingestorm en uitgeroep: "Kyk! Kyk! Hy het my gesond gemaak!" 



Die uitslag was heeltemal weg. 



Ek onthou toe Amy en ek jonk was, en net met ons bediening begin het, het ons nie geld gehad nie. Ons het saam gebid: "Here, ons weet nie waar môre se kos vandaan gaan kom nie." Die volgende dag het ons 'n terugbetalingstjek in die pos ontvang. 



Wat doen jy wanneer jy jouself in die vallei bevind? Jy onthou wat die Here reeds gedoen het. 



En jy waag om te glo dat wat Hy reeds tevore gedoen het, Hy weer kan doen. 



Gebed: Here, ek onthou toe U ...


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Hope In The Dark

Hierdie Leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie Leesplan uit die boek, "Hope in the...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid