Leesplan inligting

Hoop In Donker TyeVoorbeeld

Hope In The Dark

DAG 6 VAN 12

Beproefde Geloof


Ek is een van die persone wat eerder sink mét geloof as om daarsonder te swem.


— Stanley Baldwin, Britse Premier 


Wat as jy in geloof leef, maar ten spyte daarvan, nie die vervulling van God se beloftes in jou leeftyd aanskou nie? Kan jy waag om te glo dat God steeds sy beloftes sal nakom, selfs al aanskou jy dit nie self gedurende jou tyd op aarde nie? Is dit moontlik dat jy in so 'n intieme verhouding met God kan groei dat jy Hom kan aanhou liefhê en dien, ten spyte van jou teleurstellings? 


Habakuk is vir ons 'n goeie voorbeeld in hierdie les omdat dit eers in die volgende geslag was wat God sy belofte nagekom en die Babiloniërs gestraf het. 


Dit is 'n lang tyd om te wag


Tog was die Here steeds getrou.


Habakuk gee vir ons drie woorde om aan vas te hou wanneer dit voorkom of God nie sy beloftes nakom nie. Dit maak nie saak waardeur jy gaan nie, moet nooit hierdie woorde vergeet nie. 


Indien jy nader aan die Here wil groei — ongeag jou omstandighede — moet jy hierdie drie woorde onthou op jou reis na intimiteit en uiteindelike vertroue en geloof in Hom: 


"... maar die Here ..." 


Hierdie woorde staan in Habakuk 2:20 waar die profeet, nadat hy erken het dat hy steeds nie hou van wat aangaan nie, sê: "... maar die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees!" 


Jou wêreld mag onderstebo wees, maar die Here is steeds daar.


Wanneer jy nêrens heen het om te gaan nie, wanneer jou eie idees en hulpbronne verdwyn het, wanneer jy jou beheer oor 'n situasie verloor het, is die Here steeds daar. Wanneer jou knieë pyn van kniel in gebed, maar jy nie weet of Hy eens luister nie, weet net dat God steeds daar is. 


Ongeag wat in jou lewe gebeur, die Here is in sy heilige tempel. 


Gebed: Here, sal U my toelaat om u teenwoordigheid op nuwe maniere te ervaar? Sal U my wys hoe naby U is? 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Hope In The Dark

Hierdie Leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie Leesplan uit die boek, "Hope in the...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid