Hoop In Donker Tye

Oordenking

Hoop


'n Lewende hoop stel ons in staat om beide hartseer en vreugde te ervaar. Ons lewende hoop is 'n erfenis wat vir ons, deur Christus, behaal is. 



—Tim Keller 


Die boek Habakuk sluit af met sy gebed: "Die Here my God gee vir my krag.
Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop." (Habakuk 3:19). 



Wanneer jy nadink oor wat hierdie profeet geweet het wat hy in die gesig staar, is sy blote hoop treffend. "Alhoewel die vyeboom nie bloei nie en die kleinvee uit die kraal verdwyn het en daar geen beeste meer in die stalle is nie, is die Here tog in sy heilige tempel. Alhoewel dit erger gaan word voordat dit beter sal word, moet die aarde stil wees voor Hom. Die regverdige sal deur die geloof lewe. God se Woord sal getrou wees. Ek sal my krag en my hoop in die Here my God vind, en Hy sal my nuwe hoogtes laat betree." 



Habakuk het met vrae geworstel, die werklikheid omhels, nogtans vertrou en sy hoop in God gevind. As niks anders uit hierdie Leesplan jou bybly nie, hoop ek jy sal onthou wat Habakuk se naam beteken: Om te worstel. En te omhels. 



Albei op dieselfde tyd.



Ek onthou toe my jongste dogter, Joy, skaars vier jaar oud was en op 'n vriend se "foefieslide" in die agterplaas gespeel het. Aangesien sy te klein was om te keer dat sy die boom aan die einde van die lyn tref, het haar gesig die dik stam getref. Ek kan nog steeds die kraakgeluid hoor! Sy het bebloed en bewusteloos op die grond geval. 



Paniekbevange het ek 'n polsslag gevind, hoewel nie so sterk soos ek graag wou gehad het nie. Ons het haar na ongevalle gehaas, en die dokters het toetse begin doen. Toe sy haar bewussyn herwin, het hulle probeer om die gapende wond aan die onderkant van haar ken toe te werk. Joy wou dit nie toelaat nie. 



Ek moes haar vasdruk. 



Ek het bo-op haar gelê, haar lyf en kop stil gehou terwyl die dokter haar snye versigtig behandel en toewerk. Sy het snikkend gehuil: "Pappa, wat gaan aan? Los my asseblief. Laat hulle ophou. Ek wil speel. Asseblief. Ek wil net speel. Moet asseblief nie toelaat dat hulle my seermaak nie." Maar ek het geweet dat sy dit moes deurmaak om behoorlik te genees. 



Soms hou God ons so vas, omdat Hy weet wat dit sal verg om behoorlik te genees. 



Ons worstel en omhels op dieselfde tyd. 



Tog is daar hoop in sy arms. 



Bid: Dankie God, dat U my vashou. Dankie dat U my genees. Dankie vir hoop.