Leesplan inligting

Hoop In Donker TyeVoorbeeld

Hope In The Dark

DAG 3 VAN 12

Skryf



Indien ons begeer om ons geloof te versterk moet ons nie wegskram van geleenthede waar ons geloof getoets, en dus deur beproewing, versterk word nie.



— George Mueller



Hoe reageer jy wanneer jou lewe ineen stort? Wat is jou natuurlike reaksie, die dinge waarheen jy hardloop vir vertroosting, verligting of om te ontsnap? 



Om 'n situasie te probeer vermy, vererger sake en ons eindig meer gefrustreerd, omdat niks verander het nie. Ons mag selfs skuldig voel omdat ons nie sterk genoeg is om die doring in ons vlees te hanteer nie. Die uiteinde is dat ons verder weghardloop van die enigste persoon wie ons werklik kan help. 



Totdat ons gewillig is om 'n eerlike gesprek met die Here te hê, sal ons nooit vrede beleef nie. Die vraag is egter hoe? 



Habakuk begelei ons deur hierdie vallei, met drie spesifieke aksies. Eerstens het Habakuk die skynbare onregverdigheid van die Here bevraagteken. Daarna het hy besluit om die bevraagtekening te staak en na God te luister. Derdens het hy notas geneem. Die Here het vir Habakuk beveel: "Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees." (Habakuk2:2)



Hoekom sou God wou gehad het hy moet dit doen? God het in der waarheid vir Habakuk gesê: "Skryf dit neer, sodat wanneer Ek myself waar en regverdig bewys, almal kan onthou dat Ek 'n God van my woord is." 



Wanneer die Here vir jou iets sê, hou rekord daarvan, want jou geestelike vyand is bedrewe daarin om die saad van waarheid wat God wil plant, te steel. 



Dalk dink jy: "Komaan Craig! Ek hoor wat jy wil sê, maar ek is nou nie juis 'n skrywer nie. Dit is 'n goeie idee, maar verwag jy regtig dat ek my foon, tablet — of selfs belagliker, pen en papier — moet uithaal om neer te skryf wat ek dink God vir my sê? 



Dit is presies wat ek sê. 



Die handeling om woorde op papier of 'n skerm te sit, lewer 'n getuienis, verseël 'n gedagte en help om jou verantwoordbaar te hou. Hou rekord van God se boodskap aan jou. 



Reageer:Bedink 'n plan hoe jy op 'n gereelde basis gaan rekord hou van jou gesprekke met God. Begin sommer vandag al.  


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hope In The Dark

Hierdie Leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie Leesplan uit die boek, "Hope in the...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid