Fondamentstene van Verlossing - Jesus Is Groter Reeks #3Voorbeeld

Fondamentsteen 5: Opstanding van die Dooies
Gedagtes oor die Woord
Die hersiening van die ses fondamentstene van ons geloof wat in Hebreërs 6:1-2 gevind word.
1. Berou oor dooie werke
2. Geloof in God.
3. Doop (reiniging van 'n verlede)
4. Handoplegging (bemagtig 'n toekoms)
5. Opstanding van die dooies (almal het 'n ewige toekoms)
Opstanding van die dooies
Twee dinge.
Daar is genoeg tyd in een leeftyd om voor te berei vir die ewigheid (Hebreërs 9:27).
Ons keuses het gevolge vir die ewigheid (Lukas 16:19-31).
God gee vir ons hoop en 'n toekoms. Hy wil hê ons moet weet dat daar 'n wonderlike ewigheid vir ons beplan word — maar die keuse is ons s'n. Ons het hier 'n verhaal van 'n man wat op die aarde net die goeie in die lewe gehad het — maar 'n verskriklike ewige lot. Die ander het net die slegte op die aarde gehad, maar 'n geseënde ewige lot.
Dit is my uitdaging. Die ryk man in pyn, is passievol dat sy broers gewaarsku moet word. “Ek smeek u dan, vader [Abraham], stuur hom [Lasarus] tog na my pa se huis toe" (Lukas 19:27), sodat hulle nie in hierdie plek van pyniging kom omdat hulle Jesus verwerp het nie. Wanneer laas het ek hierdie passie vir verlore mense gehad? Dit is tyd om na dinge te kyk met die ewigheid in gedagte. Die opstanding is vir almal 'n werklikheid.
Gebed
Vader, die lewe is so kort. Hoe gebruik ek hierdie tyd om mense te help om reg te kies vir die ewigheid? Elkeen maak hul eie keuses — sommige maak hul keuse dadelik, ander laat tyd toe voor hulle die besluit neem (hulle wag, en wag totdat daar net een keuse beskikbaar is).
Dankie dat hierdie lewe geseënd kan wees, maar dankie dat die ewigheid beslis geseënd SAL wees as gevolg van my besluit om u Woord te gehoorsaam. Van die twee wil ek eerder 'n geseënde ewigheid hê. Dankie. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Die stewigheid van 'n gebou lê in sy fondament. Die hoofdoel van die fondament is om die struktuur daarop in posisie en regop te hou. Hierdie definisie van die doel van die fondament is selfs meer van toepassing op ons geestelike lewens. In Deel Drie van ons reeks van nege leesplanne oor Hebreërs, sien ons hoe belangrik dit is om 'n stewige geestelike fondament te hê.
More
Verwante Leesplanne

Jesus: Die Groot Hoëpriester — Die Jesus Is Groter Reeks

Christus se Groter Verbond — Jesus Is Groter Reeks #5

Voltooi die Wedloop van Geloof: Jesus Is Groter Reeks #7

Uitdagings om Vas te Hou —Jesus Is Groter Reeks #6

Jesus Wandel — Kom Jy? Jesus Is Groter Reeks #9

Voltooi Die Wedloop Van Geloof: Jesus Is Groter Reeks #8

Van vrees na vertroue

Die Andersheid Van God

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs
