Leesplan inligting

Bloedsuiers in VerhoudingeVoorbeeld

Relational Vampires

DAG 5 VAN 5

Skynheilige Mense


Die probleem met die feit dat jy 'n probleem het met skynheilige mense, is dat dit skynheilig is. Dink daaroor. Jesus het vir ons gesê om nie 'n splinter in iemand anders se oog uit te haal wanneer ons 'n balk in ons eie oog het nie. Ons praat nie eers daarvan dat jy die saagsels in jou vriend se oog uitwys, terwyl daar 'n groot stuk hout in jou eie oog sit nie.


Die woord "skynheilig" kom van 'n Griekse woord, hupokritse af, wat gebruik is om toneelspelers en kunstenaars wat maskers gedra het, te beskryf. Dit klink min of meer reg, nѐ?


So, hoe bestry ons skynheiligheid sonder om dramaties te wees?


Om skynheiligheid te konfronteer, moet jy van die verhoog af klim, die masker afhaal en jouself in die spieël bekyk. Ons kan nie ander met hulle skynheiligheid help voordat ons nie van ons eie skynheiligheid ontslae geraak het nie. Jesus het nogal skerp woorde gehad vir godsdienstige skynheiliges wat al die sondes van ander uitgewys het terwyl hulle hul eie sondes bedek. 


Hoe konfronteer ons ons eie skynheiligheid? Dit begin met belydenis. Erken jou foute. As jy nie weet wat hulle is nie, vra iemand wat jou goed ken. Bely dit dan aan God en mense vir wie jy lief is. Wanneer ons dit aan God bely, ontvang ons vergifnis. Wanneer ons dit aan ander bely, gebruik God ons verhoudinge om genesing te bring. Onthou jy die krag van verhoudinge?


Hoe konfronteer ons skynheiligheid in ander? Ons konfronteer die skynheilige persoon met genade, nederigheid en bewustheid van ons eie tekortkominge. Pastoor Craig Groeschel sê dikwels dat ons nie konfronteer met die doel om reg te wees nie; ons konfronteer met die doel om ander te help om in die regte verhouding met God te kom. Ten slotte konfronteer ons met gebed, met die wete dat trots ons maklik in dieselfde situasie kan plaas as wat ons besig is om te konfronteer. 


Skynheilige mense, uiters afhanklike mense, kritiese mense en die beheervrate, is selde net ander mense. Wanneer ons ons eie gebrokenheid sien en besef dat ons ook daardie mense is, kan ons Jesus sy regmatige plek as Redder gee, en God kan sy wonderwerkende krag in en deur ons verhoudings uitstort. Dit is moontlik, omdat verhoudinge so dikwels die bestanddele en die ontvangers van God se genesende krag in ons wêreld is. 


Wat nou? Begin êrens. Jy kan nie elke probleem in elke verhouding oplos nie. Eintlik kan jy nie enige een regmaak nie; dit is God se werk. Besluit net om iewers te begin. Sal jy begin by beherende verhoudinge, kritiese verhoudinge, afhanklike verhoudinge of skynheilige verhoudinge? Met wie gaan jy begin? Wat moet jy bely? Begin êrens en laat God toe om jou te herskep, jou verhoudinge, en as gevolg daarvan, jou wêreld. 


Bid: Vader, wys my asseblief waar om te begin. Wys vir my die gebroke plekke. Gee my die krag om te fokus en die nederigheid om u genesingswerk in my lewe te ontvang. Amen. 


Lees meer oor die herstel van verhoudinge. 


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Relational Vampires

Hulle dreineer jou vreugde, mors jou tyd en bederf jou pret, maar daar is 'n beter manier om na moeilike mense te kyk. Kom ons leer hoe om die verhoudings te genees wat ons lewens versuur. Maak gereed vir God om sy leweg...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid