Leesplan inligting

Bloedsuiers in VerhoudingeVoorbeeld

Relational Vampires

DAG 3 VAN 5

Kritiese Verhoudinge


'n Werksplek-studie deur die navorsers Emily Heaphy en Marcial Losada, het bevind dat daar byna ses aanprysings vir elke kritiese kommentaar vir die toppresterende spanne gegee word. Die swakste presteerders het 'n lof/kritiek verhouding van 1:1 gehad, of in sommige gevalle, selfs drie kritiese kommentare vir een positiewe kommentaar. 


Dink aan die spanne waarvan jy deel is. By die werk, by die huis, by die kerk, op die sportveld, waar ook al. Wat is jou verhouding? Wie gee die meeste lof? Wie gee die meeste kritiek?


Net soos die apostel Paulus die Tessalonisense herinner het, moet ons mekaar opbou en nie afbreek nie. Dit is waar ons almal kan begin. Kyk krities na jou verhoudinge en verbeter jou verhouding tussen lof en kritiek. 


Maar wat daarvan as jy voortdurend aan die ontvangkant van 'n kritiese verhouding is? Maak nie saak wat jy doen nie, dit is nooit goed genoeg nie. Life.Church Pastoor, Craig Groeschel, het vier nuttige maniere geïdentifiseer hoe om op kritiese mense se gedrag te reageer. 



  1. Jy hoef dikwels nie te reageer nie. Toe hulle Jesus beledig het, het Hy nie terug baklei nie. Soms moet jy die onverdiende kritiek oorsien om vergifnis te beoefen. Jy gee nie voor dat dit nie gebeur het nie; jy neem net 'n doelbewuste besluit om dit te laat gaan en te vergewe.

  2. Soms reageer jy versigtig. Reageer, moenie gehoor gee daaraan nie. Die belangrikste verskil tussen mense wat reageer en mense wat gehoor gee daaraan, is die hoeveelheid tyd wat hulle daaraan bestee om eers te kalmeer. Wanneer emosies hoog loop, is wysheid min. Gebruik deernis, gebed en tyd om jou te help om versigtig te reageer. 

  3. Soms moet jy luister en 'n verandering aanbring. Onthou, die toppresterende spanne is nie heeltemal sonder kritiek nie. Dis omdat ons kritici soms reg is! Veral wanneer hulle opbouend is. Hoor jy soortgelyke kritiek uit verskeie bronne of gereeld van iemand wat jy vertrou? Dit kan tyd wees om 'n verandering aan te bring. 

  4. Bewaar altyd jou hart. Om jou hart te beskerm, beskerm jou nie net van kritiese mense nie, dit beskerm ook jou hart, sodat jy nie krities raak teenoor ander mense nie. Mense wat hulle harte bewaar, hoef nie swakhede in ander te vind om goed oor hulself te voel nie, want hulle vind hul selfvertroue in Christus. 


Bedink dit: Watter aksies sal ek neem om die verhouding tussen lof en kritiek in my verhoudinge te verander en te verbeter? 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Relational Vampires

Hulle dreineer jou vreugde, mors jou tyd en bederf jou pret, maar daar is 'n beter manier om na moeilike mense te kyk. Kom ons leer hoe om die verhoudings te genees wat ons lewens versuur. Maak gereed vir God om sy leweg...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid