Leesplan inligting

Bloedsuiers in VerhoudingeVoorbeeld

Relational Vampires

DAG 4 VAN 5

Afhanklike Verhoudinge


Onthou jy hoe hierdie leesplan begin het? Ons het gepraat oor hoe verhoudings die ontvangers en bestanddele van sommige van God se wonderlikste werk is. Wat is dus verkeerd met die resep wanneer afhanklike verhoudinge plaasvind?


Toe Dawid Psalm 70:6 (AFR20) geskryf het, het hy ons 'n aanduiding gegee:


"Maar ek is magteloos en behoeftig. O God, haas U na my — U is my hulp, my bevryder. HERE, moenie talm nie!" 


Die probleem met afhanklike menslike verhoudinge, is dat daar net een Verlosser is, en Hy is nie jy nie. Wanneer verhoudinge van ons vereis om soos 'n verlosser op te tree, vul ons 'n leemte wat net Jesus kan vul. 


Selfs Jesus het nie elke behoefte bevredig terwyl Hy hier op aarde was nie. Die Skrif maak melding van 'n paar kere toe Hy iewers nodig was, maar nogtans het Hy weggegaan om te bid of te rus. 


Kom ons kyk weer na ons verhoudinge. Wie tree op as verlosser en redder? Is dit God en Jesus? Is dit jy? Is dit jou lewensmaat, 'n vriend, 'n pastoor? 


Dis hoe dit werk: God gebruik wel ons betroubare verhoudinge om behoeftes te vervul en herstel te bring. Trouens, dit is waarskynlik die belangrikste manier waarop Hy die wêreld genees. Ons moet net onthou dis God wat die herstelwerk doen, en Hy herstel albei helftes van die verhouding. By Life.Church het ons 'n soortgelyke bedieningsbeginsel wat baie maklik is om te onthou: Ons is almal op een of ander manier gebroke.


Of ons nou gebrek het aan materiële hulpbronne, betekenisvolle verhoudinge, 'n doel of hoop in Christus, ons almal het behoeftes. As ons uitreik na ander en hoop om hul gebrokenheid te herstel, weet ons dat ons eie gebrokenheid in gedrang is. Terwyl ons dalk een bestanddeel van iemand se herstel kan wees, is dit God wat die volle resep het. 


Hetsy ons altyd iemand probeer red of deur ander gered moet word, ons almal is behoeftig en gebroke. Watter Jesus-grootte behoeftes probeer jy om in ander te vul?


Bid: Vader, U is my verlosser. Jesus, U is my redder. Vergewe my dat ek probeer red of gered word deur iemand behalwe U. Wys my asseblief hoe ek probeer het om my behoeftes sonder U vervul te kry. Vul asseblief my behoeftes en genees die gebroke plekke. Amen.  


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Relational Vampires

Hulle dreineer jou vreugde, mors jou tyd en bederf jou pret, maar daar is 'n beter manier om na moeilike mense te kyk. Kom ons leer hoe om die verhoudings te genees wat ons lewens versuur. Maak gereed vir God om sy leweg...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid