Leesplan inligting

Waag Om te VerbeelVoorbeeld

Daring To Imagine

DAG 7 VAN 7

God se Gees en die Woord van God is die kern wat jou verbeelding dryf. Hierdie is die twee bronne wat God voorsien om lewe aan jou drome te gee, sodat jy nie moed verloor nie. 



In Johannes 14:16-17 sê Jesus: “Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid [God se Heilige Gees]. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees”.



Die Heilige Gees werk binne-in jou om vir jou die krag te gee wat jy nie het nie. Dit kom nie van self-help sielkunde of positiewe denke nie. 



Die ander bron is die Woord van God. Psalm 119 sê: “Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van u wet ervaar ... Leer my hoe om u bevele uit te voer. Ek wil van u magtige dade vertel.” (vv. 18, 27).



Hoe doen jy dit? Vind 'n stil plek waar jy daagliks op God kan fokus. Word stil en kalm, só kan God baie makliker met jou kommunikeer.



Luister na God terwyl jy sy Woord lees en deur gebed met Hom praat. Dit is die sleutel tot die onderhouding van 'n visie en droom vir jou hele lewe. Skryf die volgende neer: Die sleutel tot 'n sterk en gesonde verbeelding is daaglikse stiltetyd.



Jy moet in die Woord wees en jy moet in die Gees wees. Jy moet hierdie gewoonte ontwikkel om elke dag lewe te gee aan jou droom.



God sal jou gebruik as jy net ja sal sê; Hy sal jou verbeelding gebruik om dit te laat gebeur. Groot lewens word gebou op groot drome. 






Gebed:



Jesus, U het gesê dat alles moontlik is met God. Vandag soek ek na u rigting vir my lewe. Ek doen dit nie deur my eie vermoë nie. Ek doen dit deur u vermoë. Ek kyk nie na wat ek kan doen nie. Ek kyk na wat U kan doen. Ek laat die grootte van my God die grootte van my droom bepaal. Help my om teen my vrese en twyfel te beweeg. Ek beweeg vorentoe, omdat alles moontlik is met U. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Daring To Imagine

Alles wat deur mense op aarde ontwerp is, het in iemand se verbeelding begin. Dit is 'n gawe van God. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons meer leer oor die verhouding tussen ons verbeelding en geloof. Ek wil jou help om...

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid