Leesplan inligting

Waag Om te VerbeelVoorbeeld

Daring To Imagine

DAG 6 VAN 7

Twyfel is die vyand van jou verbeelding. Twyfel en vrees verhoed wat God in jou lewe wil doen. Dit verg moed om jou verbeelding te gebruik. Hoekom? Jy het moed nodig om vrees teen te staan. 



As kind het jy 'n onbeperkte verbeelding, maar soos jy ouer word, gebruik jy jou verbeelding al hoe minder. Jy hou op om jouself te verbeel hoe dinge kan wees en jy begin leef hoe dinge is. Jy hou op om jou verbeeldingspier te oefen.



Soms moet jy al die onsekerheid ignoreer en net sê: “Ek gaan dit doen, al is ek vreeslik bang, onseker en al slaag ek nie.” Jy doen dit terwyl jy bang is en dan gaan die vrees weg.



Jy moet glo, en twyfel wegwys. Betwyfel jou twyfel en glo jou geloof. Ons probleem is vandag dat ons presies die teenoorgestelde doen. Ons glo ons twyfel en betwyfel ons geloof. 



 Jy moet eerder sê: “Ek gaan nie toelaat dat vrees regeer nie; ek gaan geloof toelaat om te regeer. Ek plaas my vertroue in God. Alles is by God moontlik.” Dan sal jou verbeelding die goeie dinge raaksien wat kan gebeur en jou vorentoe laat beweeg.






Gebed:



Jesus, ek wil deur geloof lewe en ek wil hê dat my lewe gevorm word deur u droom. Soos die man wat sy siek kind na U toe gebring het, sê ek vandag vir U: Vader, ek glo. Help my met my twyfel. Help my om my onsekerheid en vrees vir mislukking te ignoreer en 'n tree in geloof te neem — deur te glo dat U getrou is. Ek kies om U te vertrou en om te glo, deur U is alles moontlik. Dankie vir u getrouheid. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Daring To Imagine

Alles wat deur mense op aarde ontwerp is, het in iemand se verbeelding begin. Dit is 'n gawe van God. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons meer leer oor die verhouding tussen ons verbeelding en geloof. Ek wil jou help om...

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid