Leesplan inligting

Waag Om te VerbeelVoorbeeld

Daring To Imagine

DAG 2 VAN 7

Jou verbeelding vorm jou lewe. Met ander woorde, hoe jy dink beïnvloed hoe jy gaan voel, en hoe jy voel beïnvloed hoe jy gaan reageer. As jy dus die manier waarop jy reageer wil verander, moet jy verander hoe jy dink. 



Die Bybel sê in Spreuke 23:7a: “Want soos hy in sy siel bereken, so is hy” (AFR53). Dit is God se manier om vir jou te sê dat jy moet verstaan, die manier waarop Hy in jou lewe werk, is deur jou gedagtes. 



Byvoorbeeld, die persoon wat sê: “Ek kan nie dit doen nie" en die persoon wat sê: "Ek kan" is albei reg. As jy dink jy kan nie, dan kan jy nie. As jy dink jy kan, dan kan jy. Wanneer iemand sê: "Ek kan my nie voorstel dat so iets ooit met my sal gebeur nie", dan sal dit nie. Hoekom nie? Want jy het reeds 'n selfvervullende profesie uitgespreek.



Jou lewe word gevorm deur jou gedagtes. Jou verbeelding het die krag om jou aan te spoor of terug te hou. Maak jou gedagtes vol van God en beweeg vorentoe in sy plan vir jou!






Gebed:



Here, ek wil my verbeelding gebruik om die drome te droom wat U in my hart geplaas het. Ek wil streef na 'n wonderlike lewe wat gebou is op 'n wonderlike droom. Help my om U te vertrou en my lewe te vorm na u wil. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Daring To Imagine

Alles wat deur mense op aarde ontwerp is, het in iemand se verbeelding begin. Dit is 'n gawe van God. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons meer leer oor die verhouding tussen ons verbeelding en geloof. Ek wil jou help om...

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid