Leesplan inligting

Waag Om te VerbeelVoorbeeld

Daring To Imagine

DAG 1 VAN 7

Een van die grootste gawes wat God vir ons gee is die gawe om te kan verbeel. Dit is die vermoë om dinge in jou gedagtes te sien — om te dink en te ontwerp — in jou gedagtes. 



Die rede hoekom jy hierdie gawe het, is omdat God verbeelding het. Die Bybel sê vir ons dat God die heelal verbeel het, en dit toe geskep het. Hy het dit bedink voor dit werklikheid geword het. Die Bybel sê dat God die hele geskiedenis verbeel het. Hy het alles reeds sien gebeur, nog voor dit gebeur het, want hy het dit uitgedink. Hy het dit voor die tyd verbeel. Die Bybel noem dit God se voorkennis.



Jy is die meeste soos jou Skepper wanneer jy kreatief is. Maak dit sin? Jy is die meeste soos jou Skepper — God — wanneer jy kreatief is. God het jou die vermoë gegee om met jou gedagtes kreatief te wees. God glimlag wanneer jy jou verbeelding vir goeie dinge en vir God gebruik. 



Alles begin met verbeelding. Niks word werklikheid as iemand nie daaraan gedink het nie. Elke groot besigheid, elke groot maatskappy, elke skildery, elke musieknoot, dit alles het een ding in gemeen: iemand het dit in hulle verbeelding geskep voordat dit werklikheid geword het. Niks gebeur as iemand nie eers daaraan gedink het nie. 



Sonder jou verbeelding sou jy nie besluite kon neem nie. In die proses wat jy besluite neem, begin jy daaroor nadink, wat gaan gebeur as ek dit doen? Of wat gaan gebeur as ek eerder so maak? Dan besluit jy.



Alles wat op aarde geskep is deur die mens het in iemand se verbeelding begin. Dit is 'n gawe van God.



In hierdie 7-dag leesplan gaan ons die verhouding tussen verbeelding en geloof bestudeer. Ek wil jou help om jou verbeelding vry te laat soos nog nooit tevore nie. 



Gebed:



Vader, dankie vir die gawe van verbeelding. Help my om my gedagtes te rig op alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is. Ek wil nie my verbeelding misbruik op bekommernisse en vrees nie. Ek wil eerder fokus op watter deug of lofwaardige saak daar ook al mag wees. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Daring To Imagine

Alles wat deur mense op aarde ontwerp is, het in iemand se verbeelding begin. Dit is 'n gawe van God. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons meer leer oor die verhouding tussen ons verbeelding en geloof. Ek wil jou help om...

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid