Leesplan inligting

Waag Om te VerbeelVoorbeeld

Daring To Imagine

DAG 4 VAN 7

Ek het ontdek dat niemand van nature 'n goeie mens is nie. Jy word nie goed gebore nie. Nee, jy word goed deur om jou lewe deel te maak van 'n verdienstelike saak, 'n wonderlike doel, en 'n groot droom. Jy het iets groter as jouself nodig om die beste in jou na vore te bring!



Efesiërs 1:18 sê: “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het”. Wat is jou “geestesoë”? Die apostel Paulus het nie gepraat van jou fisieke oë toe hy hierdie geskryf het nie. Hy het gepraat van jou verbeelding. Hy het gesê: "Ek bid dat jou verbeelding sal wakker word, en dat jy in geloof die droom sal sien wat God vir jou lewe het.” 



God wil vir jou sy droom vir jou lewe gee. Dit is jou roeping! Jy sal opnuut hoop ervaar wanneer jy die plan wat God vir jou lewe het, en sy doel en visie vir jou lewe, verstaan.



As jy betekenis in jou lewe wil hê, as jy tevredenheid wil ervaar, as jy vervul wil word, dan moet jy die volgende doen: Hou op om jou eie drome te volg en begin om God se droom vir jou lewe te volg.



As jy nie jou roeping kan indink nie, as jy nie God se droom kan droom nie, leef jy nie die oorvloedige lewe nie. Jy bestaan net. Is jy gereed om God se droom vir jou lewe te ontdek?



Gebed:



Liewe Vader, ek wil hê my lewe moet goed wees deur deel te wees van 'n verdienstelike saak, 'n wonderlike doel en 'n groot droom. Verhelder my geestesoë dat ek die hoop wat U vir my inhou kan sien. Ek wil hê dat my verbeelding lewendig word en dat ek in geloof die droom kan sien wat U vir my het. Dankie vir die gawe van verbeelding. Help my om dit te gebruik om die droom wat U vir my lewe het, te sien en te volg. Ek is gereed om die droom wat U vir my het, te ontdek. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Daring To Imagine

Alles wat deur mense op aarde ontwerp is, het in iemand se verbeelding begin. Dit is 'n gawe van God. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons meer leer oor die verhouding tussen ons verbeelding en geloof. Ek wil jou help om...

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid