Leesplan inligting

Waag Om te VerbeelVoorbeeld

Daring To Imagine

DAG 3 VAN 7

Jy moet jou verbeelding gebruik om geloof te beoefen, omdat jy God nie kan sien nie. Hebreërs 11 is die hoofstuk oor Bybelse helde van geloof. In Hebreërs 11 lees ons oor God se geloofslegendes. Jy weet daar is 'n Saal van Legendes vir "Rock and Roll" en Rugby. God se Saal van Legendes lys die ware helde in die Woord van God. Mense soos Abraham, Moses, Josef, Ragab, en Gídeon wat in geloof opgestaan het en met vertroue die visie gevolg het wat God vir hulle gegee het. 



Hebreërs 11 begin met 'n definisie van geloof: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie” (Hebreërs 11:1).



Geloof is 'n manier om te sien. God sê waarvoor jy hoop — wat jy dink mag dalk gebeur — wanneer jy glo dat dit werklik sal gebeur; dit is geloof. Om oortuig te wees van die dinge wat ons nie kan sien nie.



God het vir jou twee maniere van sien gegee. Die eerste is met jou fisieke oë. Die tweede is met jou verbeelding. Jy kan dinge in jou gedagtes verbeel, jy droom daaroor, jy visualiseer dit. Jy kan iets in jou verbeelding sien as jy dit nie fisiek kan sien nie.



Die Bybel sê jy moet fokus op die ewige — die onsigbare dinge. Jy gaan jou verbeelding moet gebruik om dit raak te sien. Jou verbeelding vorm jou lewe en dit is noodsaaklik om deur geloof te leef.






Gebed:



Liewe Heer, help my om my geloof te beoefen deur my verbeelding te gebruik. Ek wil my gedagtes rig op die vaste versekering dat waarvoor ek hoop sal gebeur. Ek rig my oë dus nie op die sigbare nie, maar die onsigbare. Help my in my ongeloof. Ek kies om in u beloftes te hoop. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Daring To Imagine

Alles wat deur mense op aarde ontwerp is, het in iemand se verbeelding begin. Dit is 'n gawe van God. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons meer leer oor die verhouding tussen ons verbeelding en geloof. Ek wil jou help om...

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid