Leesplan inligting

Tydbestuur Beginsels uit die Woord van GodVoorbeeld

Time Management Principles From God’s Word

DAG 2 VAN 6

Stel Jou Grense



Let op hoe Jesus dwarsdeur die evangelies: Matteus, Markus. Lukas en Johannes, herhaalde kere tyd in afsondering deurgebring het — weg van die dissipels, die skares en die bedrywigheid van sy bediening. Die gereelde melding van hierdie gedrag dui daarop dat Jesus 'n meester daarvan was om grense met sy tyd te stel. Net so, indien ons ons tyd effektief wil bestuur en ons beste bydrae tot die wêreld wil maak, moet ons ook duidelike grense in ons eie tydroosters stel.



Net soos Jesus, moet ons begin deur gereelde tyd vir gebed af te staan (Markus 1:35) en om die Woord van God te bestudeer. Baie mense om ons is gewoond aan die gee van tiendes. Het jy dit egter al oorweeg om 'n tiende van jou tyd te gee? Indien ons ons tydroosters met werkseise en huisverpligtinge vul en daarna probeer tyd soek vir gebed en Bybelstudie, baan ons die weg na sekere mislukking. Voordat jy enigsins met hierdie studie voortgaan, oordink eers hoeveel tyd jy daagliks, uitsluitlik aan gebed en bestudering van die Skrif sal afstaan.



As jy eers duidelike grense vir geestelike dissiplines in jou tydrooster gestel het, kan dit nuttig wees om 'n soortgelyke benadering met jou tyd tuis en by die werk te volg. 'n Vasgestelde roetine werk vir my om my "werk-en-huis balans" te handhaaf. Byna elke dag gaan ek om 4:45 kantoor toe en kom om 16:00 weer by die huis aan. Hierdie voorspelbare tydrooster stel duidelike grense waarin ek myself forseer om op my werk te fokus. Is my werk ooit klaar? Natuurlik nie. Dit mag dalk die geval wees as ek tot 17:00, 18:00 of 22:00 werk. Jou werk is egter nooit werklik klaar nie. Deur die einde van my werksdag op kantoor ononderhandelbaar te maak, verseker dat ek genoeg tyd met my vrou, kinders en kerkfamilie kan deurbring.



Indien jy nie die tyd afstaan om grense in jou tydrooster te stel nie, sal iemand anders dit doen. As jy dit nog nie gedoen het nie, volg nou Jesus te leiding om duidelike grense te stel hoe jy jou tyd gaan deurbring. Hierdie is die eerste tree waarmee jy beheer oor jou dagboek kan neem en om jou tyd goed te bestuur.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Time Management Principles From God’s Word

Voel jy gefrustreerd omdat daar nie meer as 24 ure in 'n dag is nie? Is jy oorweldig deur al die projekte wat op jou taaklysie is? Is jy moeg daarvoor om nie genoeg tyd te hê om in die Woord van God of met jou vriende en...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.jordanraynor.com/time/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid