Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Judas staan in totale teenstelling met Maria in gister se oordenking. Een van hulle is bekend vir haar uitspattige aanbidding; die ander een vir sy bedrieglike verraad. Maria het nie die koste van haar aanbidding bereken toe sy haar geld op duur reukolie uitgegee het nie. Judas, daarenteen, het daarop gefokus om sy dertig silwerstukke te tel. Die een was uitverkoop vir Jesus; die ander het homself uitverkoop.
En tog glo ek nie dat Judas net deur sy liefde vir geld aangedryf was nie. Hy was egter ook aangespoor deur sy vrees vir mense.
Alle omstandighede het na die feit verwys dat Jesus se dood op hande was. Jesus self het ook so gesê! Judas was bang vir sy toekoms en het vir sy lewe gevrees. Die nuwe koninkryk wat hy verwag het dat Jesus sou inlei, was aan die verbrokkel. Hy het op die mag van die heersers gefokus in plaas daarvan om in die krag te lewe van die Een wat die mag aan daardie heersers afgebaken het. Hy het toegelaat dat die tasbare dinge meer gewild word as dit wat ewigheidswaarde het.
Oordink
Waarop fokus ek vandag? Wat bepaal my dade? Is dit vrees vir mense of geloof in God? Is ek gewillig om alles op die spel te plaas vir Jesus of buig ek die knie voor aardse maghebbers?
Gebed
Hemelse Vader, ek weet dat ek maklik deur die vrees vir mense beïnvloed kan word. Ek val dikwels vir die valse idee dat mense, eerder as 'n oppermagtige, liefdevolle God, my omstandighede beheer. Ek bid dat ek U u regmatige plek op die troon van my lewe sal gee. Ek bid dat geloof — en nie vrees nie — my besluite sal aanspoor. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More