Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: Versorging
Nadine, van die Demokratiese Republiek van die Kongo, het al een van die mees tragiese belewenisse deurgemaak wat enige iemand kan verduur. Sy het haar hele familie verloor, en haar droefheid het haar genoop om haar huis te verlaat en in die dorpie te kom woon waar sy nou is.
“Die lewe hier is moeilik,” sê Nadine, “ons vind skaars iets om te eet.” Kos is ongelooflik skaars en die klein, ronde hut wat van stokke en blare gemaak is, bied min beskerming teen die reën. Nadine vertel vir ons dat sy en haar man, Motema, tydelike werk by 'n naburige gemeenskap doen, waarvoor hulle gewoonlik met jams ('n soort knolgroente) betaal word. Sy sou graag vir haar eie gesin wou boer, maar het nie haar eie implemente nie. “Ek sou graag grondboontjies wil plant. Daarna sal ek klere vir my en die kinders kan koop.” Sy verlang na 'n beter toekoms vir haar kinders.
Hemelse Vader, dankie dat U die gebrokenes van hart vertroos. Ons bid vandag vir Nadine – laat haar u vrede ervaar en help haar om die vryheid te ken wat 'n verhouding met U bring. Herstel asseblief die verhouding tussen die pigmeë en hulle naburige gemeenskap. In die Naam van Jesus. Amen.
David McAllister, Tearfund
Ons wil gesinne soos Nadine s'n opleiding gee oor boerderymetodes soos besproeiing en die gebruik van kunsmis. Vind meer uit oor ons werk in Nadine se gemeenskap.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Van vrees na vertroue

'n Hart soos Jesus s'n

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die Andersheid Van God
