Leesplan inligting

My AsemteugVoorbeeld

The Air I Breathe

DAG 4 VAN 5

Die Aanbiddingsirkel



Aanbidding is iets persoonlik, maar ook iets wat ons saamdoen.



Met ander woorde, ons reaksies van aanbidding tot God is persoonlik sowel as gesamentlik. En elke soort reaksie is verweef met die ander. Deur Christus is ons verhouding met God herstel en in Hom is ons ook met mekaar verbind. Elkeen van ons speel 'n unieke rol.



Ek praat nie van georganiseerde godsdiens nie, maar van die organisasie wat ons kerk noem. As jy in God glo, het Hy jou deel gemaak van sy liggaam, sy mense. 'n Deel van jou aanbidding is om kontak te maak met ander gelowiges rondom jou.



Die belangrikste doel van die kerk (God se mense) is aanbidding. In sy kern, bestaan die kerk om God te verheerlik. Sonder jou lewe en stem, funksioneer die liggaam onvolledig.



Maar selfs in die gesamentlike omgewing, begin aanbidding nie met 'n groepsaktiwieit nie. Dit begin met jou individuele reaksie op dit wat God oor Homself aan ons geopenbaar het. Die reaksie gebeur nie net een keer 'n week nie...dit gebeur dag na dag.



Ons is nie ontwerp om volgens 'n weeklikse aanbidddingsiklus op te tree nie, maar op 'n oomblik-tot-oomblik verbintenis van persoonlike aanbidding, wat net so deel van ons lewe is as die lug wat ons inasem.



Wanneer ons met ander gelowiges saamkom om te aanbid, doen ons dit met dieselfde konsentrasie as op ons daaglikse lewensreis. Ons doen dit met dieselfde vasberade toewyding.



Vir die grootste deel van my lewe het ek gedink dat jy kerk toe gaan om te aanbid, maar nou besef ek dat dit beter is om aanbiddend kerk toe te gaan.



Wat sou gebeur as ons aanbiddend kerk toe gaan, bewus van sy teenwoordigheid, selfs nog voor ons by die deur aankom? Wel, een ding is seker, die aanbiddingsleier se werk sal baie makliker wees! Die intensiteit van ons gesamentlike offergawe sou ook voluit wees.



Kan jy dit sien? Al ons persoonlike aanbiddingstroompies vloei ineen tot een bruisende rivier. Een magtige loflied. 'n Pragtige mosaïek, wat 'n selfs groter verhaal vertel van wie God is en wat Hy gedoen het.



Mense verlaat so 'n byeenkoms, geïnspireer om Hom te soek soos nooit te vore nie. En hulle kom weer terug en bring aanbidding saam met hulle en so begin die siklus weer van voor af. 



Die aanbiddingsiklus is voltooi. 'n Volledige sirkel.



Waarom sou God aanbidding ontwerp het om persoonlik sowel as gesamentlik te wees? Hoe versterk die een die ander?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Air I Breathe

'n 5-Dae YouVersion Oordenking deur Louis Giglio. Het jy geweet dat jy gemaak is om in aanbidding te leef? Of jy nou God aanbid, of geld of verhoudings, jy aanbid elke dag iets of iemand. Die vraag is of jou aanbidding s...

More

Baie dankie aan WaterBrook Nultnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid