Leesplan inligting

My AsemteugVoorbeeld

The Air I Breathe

DAG 1 VAN 5

Jy Is 'n Aanbidder


Jy, my Vriend... is 'n aanbidder! Daar het ek dit nou gesê.



Elke dag, die hele dag lank, oral waar jy gaan, aanbid jy. Dis wat jy doen. Dit is wie jy is.


Ek weet nie of jy jouself as 'n "aanbidder" beskou of nie, maar jy kan nie anders as om iets te aanbid nie.



Dit is waarvoor jy geskape is.



Aanbidding is ons reaksie op dit wat vir ons die meeste waarde het. Aanbidding sê: "Hierdie persoon, ding of ervaring, is vir my die belangrikste in my lewe... dis wat ek eerste stel."



Daardie "iets" mag dalk 'n verhouding wees. 'n Droom. Vriende. Status. Besittings. 'n Naam. Een of ander plesier. Watter naam jy ook al daaraan koppel, hierdie ding of persoon is wat jy in jou hart besluit het die belangrikste vir jou is. En wat ook al vir jou die belangrikste is, dit aanbid jy.



Sommige mense besoek die naaste kerk, en verklaar plegtig dat hulle die Lewende God bo alles aanbid. Ander, wat selde hulle voete in die kerk sit, sal sê dat aanbidding nie deel van hulle lewens is nie, want hulle is nie eintlik "godsdienstig" nie. Maar almal het 'n altaar. En elke altaar het 'n troon.



Hoe weet 'n mens wie of wat jy aanbid?


Dis maklik. Jy kyk net waaraan jy die meeste van jou tyd bestee, waarvan jy hou, waarop spits jy jou energie toe, waarop spandeer jy jou geld en wat het vir jou die meeste waarde. Aan die einde van daardie soektog, sal jy 'n troon vind; en wie of wat ook al op daardie troon is, is dit waaraan jy die meeste waarde koppel. Op daardie troon sit dit wat jy aanbid.



Natuurlik loop ons nie rond en sê: "Ek aanbid my besittings. Ek aanbid my Xbox. Ek aanbid my loopbaan. Ek aanbid plesier. Ek aanbid haar. Ek aanbid my liggaam. Ek aanbid myself!" nie.



Maar die spore jok nooit. Ons mag sê dat ons hierdie of daardie ding hoër ag as iets anders, maar die meerderheid van jou dade spreek harder as woorde. Op die ou end gaan aanbidding baie meer oor wat ons doen as oor wat ons sê.



Aanbidding is dié vernaamste aktwiteit van die menslike siel. Alle mense aanbid die hele tyd. Aanbidding vind nie net op Sondae plaas nie. Dit gebeur voortdurend.



Indien 'n vreemdeling na jou dade en woorde van die afgelope 24 uur sou kyk, watter afleiding kan hy of sy van jou aanbidding maak?


  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Air I Breathe

'n 5-Dae YouVersion Oordenking deur Louis Giglio. Het jy geweet dat jy gemaak is om in aanbidding te leef? Of jy nou God aanbid, of geld of verhoudings, jy aanbid elke dag iets of iemand. Die vraag is of jou aanbidding s...

More

Baie dankie aan WaterBrook Nultnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid