Leesplan inligting

My AsemteugVoorbeeld

The Air I Breathe

DAG 2 VAN 5

Hoekom Aanbid?



Op hierdie oomblik, oral om jou, is daar mense van alle vorms en groottes, persone van elke ouderdom en doel, wat gedurig aanbid—wat gedurig besluite neem waarop hulle hul aandag en toewyding sal rig en baseer dit op die dinge waaraan hulle die meeste waarde heg. 



Sommige vorms van aanbidding vind 'n mens buite die kerk, wat geen verwysing na die God van die Skepping het nie. Om sulke aanbidding te sien hoef jy slegs 'n draai te maak by 'n konsert of na 'n sportbyeenkoms te gaan. Mense gaan tekere, hulle lig hulle arms in die lug op, hulle skree en juig, hulle staan in verwondering en verklaar hulle trou. Dis interessant dat sulke byeenkomste gevul word met dieselfde vorms van aanbidding wat in God se Woord genoem word—dieselfde uitdrukkings van geloof wat God verlang en verdien.



Die dwingende vraag is dan: “Waarom?” Waarom smag ons na iets om te aanbid? Hoekom word ons so onversadigbaar aangetrek van afgod na afgod, met 'n desperate behoefte om vir iets te staan, iets om te verhef, iets om te vereer?



Hoe weet ons vir seker dat sommige goed belangriker is as ander, meer werd om aanbid te word? Hoe weet ons selfs dat waarde, of skoonheid bestaan?



Ek glo dit is omdat ons so geskape is. Ons is vir God geskape.



Die Bybel stel dit só: Alles is deur Hom en vir hom geskep.



Jy is deur God geskape. Asof dit nie genoeg was nie, is jy ook vir Hom geskape. As gevolg daarvan, besit jy jou eie interne kompas, vasgenael diep binne jou siel, wat vir ewig op jou Skepper gerig is. 'n Interne, Godgerigte magneet, wat jou hele wese na God toe trek.



Ons is gemaak na God se beeld, en daarom weet ons dat daar iets is om onsself aan te verbind, iets waarby ons pas, iemand aan wie ons behoort, iewers is ons tuis. Dit is hoekom ons by geboorte toegerus kom met 'n verbintenis aan God, vooraf bedraad om Hom te prys. Dit is hoekom ons van jongs-af begin aanbid.



Ons kom in hierdie wêreld as voorwerpe van goddelike liefde, wonderbare ontvangers, ontwerp om vir Hom vreugde te bring. As almal maar net kon weet dat ons deur en vir God geskep is! As ons maar net almal kon verstaan dat ons kosbaar is vir Hom, mense wie se siele 'n spieëlbeeld is wat sy heerlikheid weerkaats.



Beskryf 'n tyd in jou lewe toe jy bewus geword het van God se “magneet” wat jou na Hom toe trek.    


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Air I Breathe

'n 5-Dae YouVersion Oordenking deur Louis Giglio. Het jy geweet dat jy gemaak is om in aanbidding te leef? Of jy nou God aanbid, of geld of verhoudings, jy aanbid elke dag iets of iemand. Die vraag is of jou aanbidding s...

More

Baie dankie aan WaterBrook Nultnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid