Leesplan inligting

My AsemteugVoorbeeld

The Air I Breathe

DAG 3 VAN 5

Die God Wat Geken Wil Wees



In die Nuwe Testamentiese boek Handelinge, ('n historiese oorsig van die vroeë christelike kerk) sien ons Paulus, die hoofkarakter, toe hy in Athene aangekom het om die Evangelie te gaan verkondig.



Te midde van die intellektuele kern van die bekende wêreld, vind Paulus 'n menigte afgodsbeelde aan gode van elke naam en beskrywing. Die inskrywing op een van die altare het egter sy hart aangegryp. Dit het gelees: "AAN 'N ONBEKENDE GOD."



Selfs met al hulle afgode, wou hierdie intellektuele reuse hulleself beskerm en sekermaak dat al die afgode tevrede was, net ingeval daar dalk nóg iets of iemand was.



Toe Paulus met die mense van Athene praat, het hy nie lank gevat om tot die punt te kom nie.



Hy begin toe deur te sê: "Ek sien dat julle in elke opsig gelowig is, want toe ek tussen julle aanbiddingsplekke deur geloop het, het ek ook 'n altaar gevind met die inskrywing: 'AAN 'N ONBEKENDE GOD'. Hierdie god wat julle dien sonder om hom te ken, verkondig ek aan julle." (Sien Handelinge 17:15-34.)



Net soos in Paulus se tyd, is mense oraloor nog steeds aan die soek en wonder of daar 'n God is wat hulle kan leer ken.



En daar is. God is altyd op soek na jou. Elke sonsondergang. Die blou lug. Elke brander. Hy oordek elke nuwe dag met die uitnodiging: "Ek is hier."



Dit is 'n openbaring wat vir almal toeganklik is. Nogtans is die geskilderde hemelruim en draaiende aarde nie genoeg om sy verhaal te vertel nie. God se gesig kon nie duidelik geken word totdat sy Seun verskyn het nie - God, op Sy grootste soektog, wat as mens verskyn.



Jesus het vir ons gekom, of ons gereed was of nie. Hy het vir ons verskyn, of ons waardig was of nie. Of ons Hom aanvaar of nie, ons vind sy voetspore in Palestina se sand.



God wil hê dat jy Hom ken.



Om na Hom te soek is nie soos om na 'n naald in die teologiese hooimied te soek nie. Hy kruip nie weg nie. Hy is nie 'n soort misterieuse krag of filosofiese konsep wat jy nie heeltemal kan begryp of bereik nie.



Die teenoorgestelde is in werklikheid waar. Sy Seun het in menslike gestalte aan almal verskyn. Jesus het oop en bloot op hierdie aarde gewandel, sodat elkeen wat na God soek hulle weg na Hom kon vind.



God wil hê jy moet weet dat Hy jou liefhet, dat jy na sy beeld geskape is, deur Hom en vir Hom gemaak is. Hy wil hê jy moet weet dat die Onbekende God 'n naam het. Hy wil hê jy moet weet dat die ontsettende behoefte wat jy diep in jou hart het om te aanbid, vir Hom geskep is.



Op watter maniere sien jy vandag dat God na jou soek?



  


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Air I Breathe

'n 5-Dae YouVersion Oordenking deur Louis Giglio. Het jy geweet dat jy gemaak is om in aanbidding te leef? Of jy nou God aanbid, of geld of verhoudings, jy aanbid elke dag iets of iemand. Die vraag is of jou aanbidding s...

More

Baie dankie aan WaterBrook Nultnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid