Leesplan inligting

Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 18 VAN 28

Maak voorsiening vir jou toekoms.



Die meeste mense is nie finansieël voorbereid vir hul toekoms nie. Studies bewys dat soveel as 90 persent van ons nie op koers is om gemaklik af te tree nie. Te veel mense het die leuen geglo dat, eendag as ons geld het, kan ons begin om vir die toekoms te beplan. Daardie soort denke verseker dat aftrede nooit kom nie.



Om net een keer R700 eenkant te sit, sal nie jou finansiële toekoms verander nie. Om egter gereeld 'n bietjie geld oor 'n lang tydperk eenkant te sit, sal groot belonings vir die toekoms inhou. Daar is geen bedrag wat te klein is om te begin spaar nie en geen beter tyd as nou nie. Jy mag dalk nie 'n miljoenêr, loterywenner of aandelemakelaar wees nie, maar dit beteken nie dat jy nie kan begin spaar nie. Daaglikse getrouheid met wat jy het, kan langtermyn voordele inhou.



Jesus het 'n ongelooflike toekoms vir ons beplan, en wanneer ons spaar van dit wat vir ons gegee is, bevry ons onsself om te reageer op wat God vir ons in die toekoms wil gee.



Dink Hieroor:

1. Watter drie woorde sal jy gebruik om jou gevoelens oor jou finansiële toekoms te beskryf?

2. Besparing hoef nie te beteken dat jy elke maand groot bedrae geld eenkant sit nie. Watter een ding kan jy verander om vandag te begin spaar?

3. Hoe het jou getroue optrede ander gebiede van jou lewe verbeter? Waarom sal die resultate anders wees wanneer dit geld aanbetref?



Bid:

Jesus, U het, voordat ek gebore is, geweet dat ek u verlossing nodig sal hê. U was by God tydens die skepping van die wêreld en het 'n pad vir my oopgemaak om God te ken nog voordat ek 'n gedagte by my ouers was. Dankie dat U 'n beplanner is. Help my om ook 'n beplanner te wees.
Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesgids is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word....

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid