Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 2:9

Wat is die doop? 'n Drie-dag leesplan ter voorbereiding of besluitneming
3 Dae
Wat is die doop? Moet ek gedoop word? Hoekom is dit belangrik? Moet ek gedoop word om 'n Christen te kan wees? Of jy nou vrae oor die doop het en of jy net op soek is na 'n kort leesplan voor of na jou doop, is hierdie Life.Church leesplan ideaal om vandag mee te begin.

Jesus, ek het U nodig!
3 Dae
Voel jy 'n diepe behoefte aan Jesus? Hierdie 3-dag leesplan oor gebed is ontwerp om jou alleentyd met Hom te verryk en jou te help om na Hom uit te roep. Dit dien ook as 'n begeleide gebed vir die agt-deel reeks "Jesus, ek het U nodig" deur Thistlebend Ministries.

Gered deur Genade
3 Dae
Gered deur Genade is ’n daaglikse oordenking wat God se genade verken. Ons kyk na die rykdom van God se liefde, die gawe van verlossing in genade deur geloof, en die goeie werke wat Hy vooraf vir elkeen van ons voorberei het om te doen. Laat ons saam groei in ons begrip van God se wonderlike genade.

Geloof, Hoop & Liefde
4 dae
Die Apostel Paulus het geskryf van alle dinge, bly geloof, hoop en liefde bestaan. Wat presies beteken dit vir ons as volgelinge van Jesus en hoe kan ons dit uitleef? In hierdie 4-dag leesplan gaan ons meer leer oor hierdie drie kenmerke en hoe om elke dag geloof, hoop en liefde uit te lewe.

Die Groter Prentjie - Evangelie
4 Dae
Hierdie 4-dagleesplan fokus op die hart van die Christelike geloof – die evangelie. Ons ontdek wat die goeie nuus is, hoekom ons dit nodig het, wat Jesus vir ons gedoen het, en hoe ons daarop moet reageer. Die evangelie is nie net ‘n boodskap nie, maar ‘n uitnodiging tot nuwe lewe. - Ian Dubery

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 1)
5 Dae
Aanmoediging vir mammas van 'n ma wat haar sewe kinders groot gemaak het en geleef het om daarvan te vertel. Hierdie is deel 1 van twaalf oordenkings in hierdie reeks van Robin Meadows!

Sportnetwerk vir Professionele Voetbal se Leesplan
5 Dae
Luister na geloof in aksie deur atlete van die Verenigde State se Nasionale Voetballiga (NVL). In hierdie 5-dag leesplan, kan jy na video's van die NVL se uitblinkeratlete: Drew Brees, Ryan Tannhill, Matthew Slater, Matt Forte and Demario Davis kyk. Hulle bespreek onderwerpe soos die daaglikse verkwikking uit die Woord van God, gebed, redding, doop en die moed om ander van Jesus te vertel. Die video's sluit ook daaglikse oordenkings in deur die outeur en spreker, Randy Alcorn. Dis vir ons lekker om hierdie oordenkings aan jou te verskaf. Besoek gerus www.SportsSpectrum.com vir verdere sport- en geloofsinhoud.

Wanneer Die Duiwel Klop
5 Dae
As die duiwel klop, hoor jy dit nie altyd nie. Reg? Hy sluip eerder by 'n oop deur in. Hy is die bedrieër, vernietiger en aanklaer wat alles sal doen om God se liefde en waarheid te verbloem. Hy wou nie hê dat hierdie Life.Church leesplan geskryf word nie, en hy wil beslis nie hê dat jy of jou kleingroep dit moet lees nie. Maar dit is nog 'n stryd wat God sal wen.

Bloedsuiers in Verhoudinge
5 Dae
Hulle dreineer jou vreugde, mors jou tyd en bederf jou pret, maar daar is 'n beter manier om na moeilike mense te kyk. Kom ons leer hoe om die verhoudings te genees wat ons lewens versuur. Maak gereed vir God om sy lewegewende werk te doen as jy hierdie nuwe Life.Church leesplan begin. Dit is deel van Pastoor Craig Groeschel se reeks: "Relational Vampires".

Hou Op Om Kerk Toe Te Gaan
5 Dae
Miskien is daar 'n rede dat jy soms wonder hoekom Christene kerk toe gaan. Miskien was kerk nie bedoel om net nog 'n besoekpunt te wees nie. Of jy deur kerk uitgeput is of net wonder waar jy inpas, is dit 'n wonderlike geleentheid om te sien wat die Bybel oor kerkwees sê. Begin met hierdie Life.Church leesplan om Pastoor Craig Groeschel se reeks "Stop Going to Church" te volg.

Die Geskenk
5 Dae
Dit is die wonderlikste tyd van die jaar, maar ons woel en werskaf so dikwels deur die vakansiedae. Wat daarvan as ons die wonder hierdie Kersfees terugeis? In hierdie 5-dag leesplan, vergesel deur Pastoor Craig Groeschel se reeks, The Gift, gaan ons ontdek hoe die drie geskenke wat die wyse manne vir Jesus gegee het, ons vandag kan lei na 'n plek van verwondering en aanbidding.

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie
5 Dae
Ons lewe tans in ongeëwenaarde tye op aarde. Geskiedkundig kon ons nog altyd hoop vind wanneer ons ons tot die Een wend wat alles gemaak het en wat Here van almal is. Wat sê die Bybel waarom hierdie dinge gebeur, wat is God se reaksie daarop, en wat is my hoop in lewe en dood?

Vind Rus
5 Dae
Een studie na die ander vertel ons dat rus uiters belangrik is vir ons fisieke, verstandelike en emosionele gesondheid. Rus maak soveel vir God saak dat hy dit selfs een van sy gebooie gemaak het. Ons weet ons moet rus — hoekom doen ons dit dan nie? In hierdie eenvoudige 5-dag leesplan, gaan ons kyk hoekom, wanneer, waar en hoe ons moet rus, en selfs ook saam met wie.

God se Genade
5 Dae
Die genade van God is 'n nimmereindigende voorsiening van sy guns, liefde en vriendelikheid aan ons. Al het ons niks gedoen om dit te verdien nie, is dit deur Jesus aan die hele wêreld beskikbaar. Ons almal het God se genade nodig, ongeag hoe goed of sleg ons keuses is. In hierdie leesplan gaan ons leer hoe om genade-gevulde lewens te lei.

Dinge wat saak maak
5 Dae
Jy is geskep om groot dinge te bereik! Jy is in wese, in jou persoonlikheid, jou vermoëns en jou verhoudings uniek. Daar is niemand soos jy op die aarde wat jou lewe kan leef en die goeie kan bereik nie. Jy moet dus nie jou lewe verkwis nie. Doen dinge wat saak maak!

Ervaar God as 'n Vriend
5 Dae
Beleef jy 'n woestyntydperk, vind jy geen water of oase vir jou siel nie? Wat as hierdie tydperk die grootste hoop van almal inhou: om God se teenwoordigheid intiem, eg en passievol te ervaar? Hierdie leesplan moedig jou aan dat hierdie tyd nie vermors word nie, al voel jy party dae asof jy nêrens heen gaan nie. Dit maak nie saak watter terrein jy betree nie, God reis saam met jou as 'n trooster, lewegewer en vriend.

Volkslied: Genade in jou verhaal
5 Dae
Jy het waarskynlik al die woord “genade” gehoor, maar wat beteken dit werklik? Hoe kan God se genade ons red en ons lewens verander? Ontdek hoe hierdie ongelooflike genade ons ontmoet waar ons is en ons lewensverhale herskep.

Jesus het vir jou gedoen wat jy nie vir jouself kan doen nie
5 Dae
God begeer om met alle mense in 'n verhouding te staan. En die goeie nuus is dat Jesus Christus alles gedoen het wat nodig is, sodat dit moontlik kan wees. In hierdie 5-dagleesplan skenk ons aandag aan God se liefde, Jesus se verlossingswerk aan die kruis, sy opstanding uit die dood en die uitnodiging om ware lewe in Hom te vind. Hoe gaan jy reageer op hierdie uitnodiging wat ewige nagevolge sal hê?

Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!
6 Dae
Meeste besluite in die lewe maak saak. Daar is egter net een wat die meeste saak maak. Begin hier as jy op soek is na 'n eenvoudige gids om hierdie merkwaardige besluit - God se gratis geskenk van redding - beter te verstaan. Oorgeneem uit die boek: “Out of this World; A Christian’s Guide to Growth and Purpose” deur David J. Swandt.

Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!
6 dae
Meeste besluite in die lewe maak saak. Daar is egter net een wat die meeste saak maak. Begin hier as jy op soek is na 'n eenvoudige gids om hierdie merkwaardige besluit - God se gratis geskenk van redding - beter te verstaan. Oorgeneem uit die boek: “Out of this World; A Christian’s Guide to Growth and Purpose” deur David J. Swandt.

Waaroor gaan Paasfees?
6 Dae
Eens op 'n tyd het 'n man sy eie dood voorspel. Hy het ook voorspel dat Hy net vir drie dae dood sou wees en dit was so! Jesus se dood en opstanding is die merkwaardige waarhede van die Paasverhaal. Christene vier nog steeds die dag. Wat beteken dit egter alles vir jou? Hierdie leesplan sal jou help om die geheimenisse van die prag van Paasfees te verstaan!

Wees 'n Spel-Wisselaar
6 dae
'n Spel-wisselaar maak 'n betekenisvolle verandering in die rigting van 'n spel. Jesus was 'n spel-wisselaar vir 'n verlore wêreld. En raai wat? Jy kan 'n spel-wisselaar vir ander wees deur hulle te vertel wat Jesus vir jou gedoen het. Evangelisasie is 'n groot woord met groot verantwoordelikheid, maar dit is eintlik baie eenvoudig. Hierdie leesplan sal tieners help verstaan hoe om die evangelie met deernis en respek te deel.

Leef met Gesag - 'n Reis deur Efesiërs
6 Dae
Ons assosiasie met Christus is die beginpunt van ware lewe. Alles wat ons nodig het om oorwinnaars te wees, is reeds gegee. ’n Verkeerde mentaliteit beroof ons van gesag en skuif ons fokus na wêreldse perspektiewe. Dan vervang ons die krag van ’n Christus-gefundeerde lewe met doellose aktiwiteite en prestasies, omdat ons nie verstaan wat ons besit nie. Dit is nie God se bedoeling nie! Hy het jou geskep om in oorwinning te leef. Hierdie waarheid kan elke area van jou lewe transformeer. Ontdek wie jy in Christus is – en leef dit uit!

Die Einde Van Myself Deur Kyle Idleman
7 Dae
Geneem uit Kyle Idleman se opvolg van "Not A Fan", word jy uitgenooi om aan die einde van jouself te kom — want alleenlik dan kan jy die andersoortige metodes van Jesus omhels.

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon
7 dae
As jy skepties is oor Ou-Testamentiese stories wat soos feëverhale klink, of vasgeval het in die reëls wat saam met godsdienstigheid kom, is hier goeie nuus: om Jesus te volg vereis geloof, maar nie die geloof in `n boek, `n stel reëls, of selfs `n spesifieke godsdienstige sisteem nie. Hierdie plan bied `n beginpunt vir geloof wat uiteindelik iets – of meer spesifiek Iemand – is waarin jy kan glo.