Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 2:9

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid
7 Dae
Daar is ten minste sewe hoofaspekte van heelheid betrokke by die soeke na die beste wat God vir jou emosionele lewe wil hê. Jy hoef dit nie in volgorde te hanteer nie. Sluit aan by Dr. Charles Stanley terwyl hy jou help om sleutelgewoontes in jou lewe in te bou wat jou sal help om toenemend in jou gees en emosies heel te word. Ontdek meer leesplanne soos hierdie een by intouch.org/plans.

Ewige Sekerheid
7 Dae
Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te verstaan hoekom jou redding in Christus verseker is en jou ook help om die soort lewe na te streef wat God vir jou begeer.

20/20: Gesien. Gekies. Gestuur. Deur Christine Caine
7 dae
Kan jy jou indink dat jy so deur God gesien voel dat jy nie anders kan as om ander te sien nie? Kan jy jou voorstel dat jou gewone alledaagse lewe 'n beduidende ewige impak het? Hierdie 7-dag leesplan van Christine Caine sal jou help om te ontdek hoe God jou gesien het, jou gekies het en jou gestuur het om ander te sien en om hulle te help om gesien te word soos God hulle sien – met 20/20 visie.

Genade en Dankbaarheid: Leef ten Volle in sy Genade
7 Dae
God het baie beloftes aan jou gemaak, en Hy is van plan om elkeen na te kom. In ons wêreld is dit egter vandag maklik om God se goedheid en genade te vergeet. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om sy oorvloedige genade en seëninge te onthou deur toewydingsinhoud, die Woord van God en 'n daaglikse gebed van nadenke. Hierdie leesplan het sy oorsprong uit die oordenkingsjoernaal "100 Days of Grace & Gratitude" deur Shanna Noel en Lisa Stilwell.

Versameling: Vind Saam Die Lewe
7 Dae
Wanneer jy 18 word, voel dit of jy jou lewe in orde moet kry. Wat as jy dit nie regkry nie? Die plek waar jy nou is, is dalk nie die plek waar jy gedink het jy nou sou wees nie. Jy is nie die enigste een nie. Kom ons beredeneer die lewe se belangrike vraagstukke in hierdie 7-dag leesplan vir jongmense deur Versameling van Life.Church.

Die Wrok
7 Dae
Dis soos 'n albatros om die nek. Dit hou mense weg. Dis swaar en pynlik — dit is die wrok. Daar is baie onder ons wat dit nie besef nie, maar ons dra wrokke wat aan die lig moet kom. Leer hoe jy vryheid deur vergifnis kan kry gedurende hierdie 7-dag Leesplan wat deur pastoor Craig Groeschel se boodskapsreeks "The Grudge" begelei word.

Moenie Moed Verloor nie Deur Jason Meyer
7 Dae
Die redes vir moedeloosheid is sterk, maar die redes om moed te skep en aan hoop vas te hou, is nog sterker. Ons moet die groter prentjie sien. Deur Bybelse waarheid en persoonlike verhale moedig die skrywer, pastoor en teoloog Jason Meyer die moeë en angstige gelowige aan. Hy werp lig op die aard van die werklikheid en die aard van God, en hoe die twee mekaar in ons daaglikse lewens ontmoet.

Geen Aanstoot
7 Dae
Vanaf die nuutste nuushooftrekke tot die sosiale media kommentaar, elke dag is daar genoeg geleenthede om aanstoot te neem. Wat as ons besluit om anders te reageer? In hierdie 7-dag leesplan wat Pastoor Craig Groeschel se Geen Aanstoot reeks vergesel, sal ons leer hoe om die woede wat ons terughou en ander gevange neem, oor te gee.

Sewe Dae van Nadenke en Verklarings vir Elke Seun van God
7 Dae
'n Dieper begrip van God se genade sal mans herskep sodat hulle hul identiteit sal vestig op wie hulle werklik in Christus is. In hierdie proses sal hulle toegerus word om die duisternis om hulle te verdryf. “Biddende Genade Vir Mans” sal mans stap-vir-stap lei op 'n reis van herskepping — na 'n plek van oorwinning, rus, vryheid en vrede. Laat David Holland se woorde jou begelei op hierdie avontuur met 'n betekenisvolle deurbraak as eindbestemming.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Doop
7 Dae
Jesus het in sy laaste opdrag gesê dat ons dissipels van mense moet maak en hulle moet doop. Wanneer ons die boek Handelinge lees, sien ons dat die vroeë kerk presies dit gedoen het. Hierdie studie hanteer die basiese Bybelse redes vir die doop en 'n aantal vrae wat mense daaroor vra.

Skep ruimte
8 Dae
In 'n besige wêreld moet ons plek maak vir die dinge wat die belangrikste is. Ons moet leer om Goddelike wysheid toe te pas wat jou sal help om hierdie aktiwiteite deel van jou besige lewe te maak. In sommige gevalle sal jy vind dat jy die verkeerde dinge doen. Of dat jy dalk die regte dinge vir die verkeerde redes doen of op 'n verkeerde manier doen, dus is hulle nie lewegewend of vervullend nie.

Die Wapenrusting Van God
8 dae
Die Wapenrusting van God is veel meer as net nog iets wat ons aantrek in gebed. Die Wapenrusting van God is wapens wat God s'n is en wat ons help om staande te bly teen die aanvalle van die vyand. Dit is nie net nog 'n prentjie van die wapenrusting nie. Dit is 'n leefstyl!

Redding Kom
10 Dae
Redding Kom bekyk die Skrifgedeeltes wat die liedjies geïnspireer het op NewSpring Worship se nuutste album. Hierdie 10-dag studie is geskryf vir nuwe Christene en is 'n viering van wie God is, wat Hy gedoen het en alles wat Hy nog vir ons kan gee. Gaan na https://newspring.cc/music/salvation-rise om die album te koop of om akkoorde en klankbane af te laai.

Heilige Gejaag: Koester 'n Hardwerkende, Uitgeruste Lewe
10 Dae
Balans. Dit is waarna ons in ons lewens verlang as ons die geroep "werk harder!" in een oor hoor, en 'n fluistering om "meer te rus" in die ander oor. Wat as God se plan vir ons nie net die een óf die ander manier is nie? Gaan 'n heilige gejaag binne — 'n lewenswyse om hard te werk en uit te rus, op maniere wat God eer.

Vrug Van Die Gees
11 Dae
Die oomblik wanneer jy tot geloof in Jesus Christus kom, ontvang jy die Heilige Gees in jou hart. Hy verander jou van binne en laat jou in heiligheid groei. Hierdie leesplan bestudeer die vrug wat die Heilige Gees in die lewens van gelowiges dra, soos dit in Galasiërs 5:22-23 gelys word.

Ek Kies
12 Dae
Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boodskappe van Craig Groeschel, wat van die kragtigste keuses bevat wat enigeen kan maak. Miskien kan ons nie altyd ons eie avonture kies nie, maar ons kan doelgerigtheid, gebed, oorgawe, dissipline, liefde en belangrikheid kies.

Wilde Lewe — Begin Werklik Lewe
12 Dae
Jesus het nie sy volmaakte lewe prysgegee net sodat jy deur joune kan kom nie. Sewe ouens — soos jy — het 'n paar dae opsygesit om rustig te raak, pret te hê, antwoorde te soek en alles op video vas te vang. Gaan die lewe net oor werk en spanning? Hoe klim ons van die prestasie-trapmeul af? Kan ek van verslawing vryraak? Hoe begin ek regtig lewe? Begin hierdie Life.Church leesplan saam met 'n paar vriende om uit te vind.

Ons Daaglikse Brood - Bybelse Grondbeginsels
12 Dae
Is jy nuuskierig oor die Bybel? Is enigiets hiervan nog vir vandag toepaslik? Die Bybelse Grondbeginsels Leesplan bied jou 'n oorsig oor die Bybel en sal demonstreer hoe die Ou- en Nuwe Testament se boeke bymekaar inskakel. Jy sal geestelike insigte ontdek wat vandag tot jou hart sal spreek en jy sal verstaan hoekom die Bybel 'n blywende en invloedryke boek is. Begin vandag — dis net twaalf, 5-minuut oordenkings met daaglikse Bybelleesstukke.

Nuwe Lewe
12 dae
Het jy al gewonder wat dit beteken om ‘n Christen te wees? Hierdie leesplan is ideaal vir diegene wat Jesus op ‘n lewensveranderende manier wil ontmoet en op soek is na antwoorde op die moeilike vrae waarmee hulle worstel: Wie is Jesus? Wat beteken dit om wedergebore te wees? Wat is die groot doop? Wat is die doping in die Heilige Gees? Weerspreek wetenskap die Bybel? En baie meer.

Lesse Uit My Tuin
12 Dae
Plante en wingerde, water en grond — soveel analogieë wat in die Woord van God gebruik word, omsluit tuinmaak- en boerderypraktyke in wat parallelle vir ons lewens en harte bied. Kom sluit aan by Robin terwyl sy van haar gedagtes oor die kombinering van twee van haar grootste passies deel — tuinmaak en die Bybel.

Wat Is Ware Liefde?
12 Dae
Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebend Ministries, ondersoek die Bybelse betekenis van liefde en hoe om God en mense beter lief te hê.

'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou Atleet
12 Dae
Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hierdie 12-dag leesplan vir jou. Deur middel van getuienisse van atlete, afrigters en ouers, sowel as die waarheid aangehaal uit relevante tekste, sal jy sien hoe jy, as 'n ouer van 'n jong atleet, die Woord van God kan toepas.

Billy Graham se Rede Vir My Hoop
15 Dae
My Hope America met Billy Graham is 'n landswye poging deur mense net soos jy wat hul vriende en geliefdes wil bereik met die evangelie van Jesus Christus. Die daaglikse Skrifgedeeltes en bygaande boodskappe is geneem uit Billy Graham se nuutste boek: “The Reason For My Hope: Salvation”.

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs
15 dae
In Hebreërs ontmoet ons die Lewende Een wat in die middel van God se verhouding met die mensdom staan. Hier ontdek ons God se liefde in sy belofte om ons te herstel en aan ons ’n oorwinnende lewe te gee. Hierdie 15-dae leesplan neem ons op ’n reis — van moegheid na rus, van vervreemding na ’n plek waar ons behoort, en van alleenwees na die uitnodiging om deel te wees van God se familie.

Die Vader is Lief vir Jou, deur Pete Briscoe
16 Dae
Ons word van kleins af geleer dat God ons Vader is en ons sy kinders is. Dit is nie altyd maklik om met God as Vader te praat nie, veral as ons aardse vaders gesukkel het om die liefde te betoon waarna ons gesmag het. In hierdie 16-daglange leesplan vestig Pete Briscoe ons aandag op die God wat al ons verlange na liefde bevredig deur te beklemtoon hoe die Skrif Hom as ons goeie en volmaakte Vader openbaar.