Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 2:5

Jesus, ek het U nodig!
3 Dae
Voel jy 'n diepe behoefte aan Jesus? Hierdie 3-dag leesplan oor gebed is ontwerp om jou alleentyd met Hom te verryk en jou te help om na Hom uit te roep. Dit dien ook as 'n begeleide gebed vir die agt-deel reeks "Jesus, ek het U nodig" deur Thistlebend Ministries.

Gered deur Genade
3 Dae
Gered deur Genade is ’n daaglikse oordenking wat God se genade verken. Ons kyk na die rykdom van God se liefde, die gawe van verlossing in genade deur geloof, en die goeie werke wat Hy vooraf vir elkeen van ons voorberei het om te doen. Laat ons saam groei in ons begrip van God se wonderlike genade.

Wanneer Die Duiwel Klop
5 Dae
As die duiwel klop, hoor jy dit nie altyd nie. Reg? Hy sluip eerder by 'n oop deur in. Hy is die bedrieër, vernietiger en aanklaer wat alles sal doen om God se liefde en waarheid te verbloem. Hy wou nie hê dat hierdie Life.Church leesplan geskryf word nie, en hy wil beslis nie hê dat jy of jou kleingroep dit moet lees nie. Maar dit is nog 'n stryd wat God sal wen.

Bloedsuiers in Verhoudinge
5 Dae
Hulle dreineer jou vreugde, mors jou tyd en bederf jou pret, maar daar is 'n beter manier om na moeilike mense te kyk. Kom ons leer hoe om die verhoudings te genees wat ons lewens versuur. Maak gereed vir God om sy lewegewende werk te doen as jy hierdie nuwe Life.Church leesplan begin. Dit is deel van Pastoor Craig Groeschel se reeks: "Relational Vampires".

Die Geskenk
5 Dae
Dit is die wonderlikste tyd van die jaar, maar ons woel en werskaf so dikwels deur die vakansiedae. Wat daarvan as ons die wonder hierdie Kersfees terugeis? In hierdie 5-dag leesplan, vergesel deur Pastoor Craig Groeschel se reeks, The Gift, gaan ons ontdek hoe die drie geskenke wat die wyse manne vir Jesus gegee het, ons vandag kan lei na 'n plek van verwondering en aanbidding.

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie
5 Dae
Ons lewe tans in ongeëwenaarde tye op aarde. Geskiedkundig kon ons nog altyd hoop vind wanneer ons ons tot die Een wend wat alles gemaak het en wat Here van almal is. Wat sê die Bybel waarom hierdie dinge gebeur, wat is God se reaksie daarop, en wat is my hoop in lewe en dood?

Ervaar God as 'n Vriend
5 Dae
Beleef jy 'n woestyntydperk, vind jy geen water of oase vir jou siel nie? Wat as hierdie tydperk die grootste hoop van almal inhou: om God se teenwoordigheid intiem, eg en passievol te ervaar? Hierdie leesplan moedig jou aan dat hierdie tyd nie vermors word nie, al voel jy party dae asof jy nêrens heen gaan nie. Dit maak nie saak watter terrein jy betree nie, God reis saam met jou as 'n trooster, lewegewer en vriend.

Ses Dae van die Name van God
6 Dae
Deur die vele name van God het Hy aspekte van sy karakter en sy natuur aan ons geopenbaar. Behalwe vir Vader, Seun en Heilige Gees, sien ons in die Bybel verder meer as 80 ander name van God. Hier word ses name en hul betekenisse gegee om die gelowige te help om nader aan die enigste ware God te beweeg. Uittreksels uit "Experience the Power of God's Names: A Life-Giving Devotional", deur Dr. Tony Evans. Eugene, OR: Harvest House Publishers, 2017.

Lewe Veranderd: Aanvaar Jou Identiteit
6 Dae
Met so baie stemme wat vir ons vertel wie ons moet wees, is dit geen wonder dat ons sukkel om ons identiteit te plaas nie. God wil nie hê dat ons loopbane, ons getroude status of ons foute moet bepaal wie ons is nie. Hy wil hê dat sy mening oor ons die hoogste gesag in ons lewens sal wees. Hierdie 6-dag leesplan sal jou help om wat die Bybel sê jy is, deel van jou te maak en waarlik jou identiteit in Christus aan te gryp.

Wees 'n Spel-Wisselaar
6 dae
'n Spel-wisselaar maak 'n betekenisvolle verandering in die rigting van 'n spel. Jesus was 'n spel-wisselaar vir 'n verlore wêreld. En raai wat? Jy kan 'n spel-wisselaar vir ander wees deur hulle te vertel wat Jesus vir jou gedoen het. Evangelisasie is 'n groot woord met groot verantwoordelikheid, maar dit is eintlik baie eenvoudig. Hierdie leesplan sal tieners help verstaan hoe om die evangelie met deernis en respek te deel.

God Is _______
6 dae
Wie is God? Ons het almal verskillende antwoorde, maar hoe weet ons wat is waar? Dit maak nie saak hoe jou ervarings met God, Christene of die kerk was nie, dit is tyd om God te ontdek vir wie Hy regtig is — werklik, teenwoordig en gereed om jou te ontmoet waar jy is. Gee die eerste tree met hierdie 6-dag leesplan wat pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks, God Is _______, vergesel.

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike Oorlogvoering
6 dae
Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor hoe om te onderskei wanneer die bose ons aanval en wat om te doen.

Liefde Tree Op — Ervaar 'n Lewe van Liefde in wat in Dade Oorgaan
7 Dae
Hierdie sewedag-leesplan is gebaseer op die boek deur Bob Goff om ten volle te lewe. Vind uit watter verskil jy kan maak as jy verby die beplanningstadium by die gedeelte kom om van geloof na dade oor te gaan — want liefde bly nie net by beplan en daaroor dink nie. In kort: liefde tree op — dit gaan oor in dade.

Aande Met Die Heilige Gees
7 Dae
Beëindig jou dag deur in jou gebedslewe te groei, 'n dieper begrip van die aard van God te kry en om 'n intiemer verhouding met die Heilige Gees te ontwikkel. Hierdie leesplan is gebaseer op die boek "Evenings with the Holy Spirit" deur Jennifer LeClaire.

Versameling: Vind Saam Die Lewe
7 Dae
Wanneer jy 18 word, voel dit of jy jou lewe in orde moet kry. Wat as jy dit nie regkry nie? Die plek waar jy nou is, is dalk nie die plek waar jy gedink het jy nou sou wees nie. Jy is nie die enigste een nie. Kom ons beredeneer die lewe se belangrike vraagstukke in hierdie 7-dag leesplan vir jongmense deur Versameling van Life.Church.

Die Wrok
7 Dae
Dis soos 'n albatros om die nek. Dit hou mense weg. Dis swaar en pynlik — dit is die wrok. Daar is baie onder ons wat dit nie besef nie, maar ons dra wrokke wat aan die lig moet kom. Leer hoe jy vryheid deur vergifnis kan kry gedurende hierdie 7-dag Leesplan wat deur pastoor Craig Groeschel se boodskapsreeks "The Grudge" begelei word.

Moenie Moed Verloor nie Deur Jason Meyer
7 Dae
Die redes vir moedeloosheid is sterk, maar die redes om moed te skep en aan hoop vas te hou, is nog sterker. Ons moet die groter prentjie sien. Deur Bybelse waarheid en persoonlike verhale moedig die skrywer, pastoor en teoloog Jason Meyer die moeë en angstige gelowige aan. Hy werp lig op die aard van die werklikheid en die aard van God, en hoe die twee mekaar in ons daaglikse lewens ontmoet.

Geen Aanstoot
7 Dae
Vanaf die nuutste nuushooftrekke tot die sosiale media kommentaar, elke dag is daar genoeg geleenthede om aanstoot te neem. Wat as ons besluit om anders te reageer? In hierdie 7-dag leesplan wat Pastoor Craig Groeschel se Geen Aanstoot reeks vergesel, sal ons leer hoe om die woede wat ons terughou en ander gevange neem, oor te gee.

Al Ooit Gewonder Hoekom?
7 Dae
Wat as geloof minder daaroor gaan om al die regte antwoorde te ken en meer daaroor gaan om moeilike vrae te vra? As jy al ooit gewonder het hoekom dit voorkom asof God onregverdig is, hoekom Hy nie ons gebede beantwoord op die manier wat ons verwag nie, of hoekom 'n liefdevolle God die hel geskep het, dan is hierdie 7-dag leesplan, wat gepaardgaan met Pastoor Craig Groeschel se "Ever Wonder Why?"-reeks, vir jou.

Kruis Van Liefde
7 dae
Jesus het ons stukkende wêreld kom heelmaak. Hy het aan moedeloses hoop gebring en aan sondaars vergifnis uitgedeel. En dit was aan die kruis dat Hy aan ’n selfsugtige wêreld kom wys het hoe géé lyk. Hy het die dood oorwin en léwe gebring. Vir ons altyd-lewe aangebied. Herontdek die kruis van liefde saam met Milanie Vosloo in hierdie 7-dag-leesplan uit SIMFONIE VAN SEËN.

Rut: 'n Verhaal van God se Verlossende Liefde
7 Dae
Die boek Rut is miskien een van mees die indrukwekkende kortverhale van alle tye. Die boek Rut is 'n verslag van God se verlossende liefde. Die boek Rut is 'n fantastiese verhaal van hoe God die lewens van gewone mense gebruik om sy oppermagtige wil te bewerkstellig. Met pragtige simbole van Christus se liefde en opoffering vir sy mense, word aan ons gewys hoe ver God gaan om sy kinders te verlos.

The Chosen en BibleProject: Reeks 1-Leesplan
7 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor die liefde en genade waardeur Jesus se vroeë openbare bediening gekenmerk is. Hierdie sewe-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se eerste reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hierdie leesplan verdiep jou begrip van Jesus se karakter en medelye met alle mense.

Skep ruimte
8 Dae
In 'n besige wêreld moet ons plek maak vir die dinge wat die belangrikste is. Ons moet leer om Goddelike wysheid toe te pas wat jou sal help om hierdie aktiwiteite deel van jou besige lewe te maak. In sommige gevalle sal jy vind dat jy die verkeerde dinge doen. Of dat jy dalk die regte dinge vir die verkeerde redes doen of op 'n verkeerde manier doen, dus is hulle nie lewegewend of vervullend nie.

