Bemoediging Vir VandagMfano

Psalm 100:5
"Want die Here is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag."
- Jy kan reken op die Here se goedheid teenoor jou.
- Jy kan elke dag van jou lewe op sy onfeilbare liefde vertrou.
- Jy kan hoop hê op sy getrouheid wat sonder einde voortduur.
- Jy kan rus in jou vertroue in sy karakter en liefde vir jou.
Gebed: Vader, my hart kan veilig in die kennis van u goedheid, goedertierenheid en groot trou, rus. Ek sal vertrou en nie vrees nie, want U is alles wat ek nodig het. In die Naam van Jesus. Amen.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More