Bemoediging Vir VandagMfano

Psalm 7:11
"My skild is by God wat die opregtes van hart verlos."
- God wil hê dat ons Hom moet ken as ons Skild, Beskermer en Verdediger.
- Hy wil ons met sy teenwoordigheid en guns omring.
- Dit is so ‘n vreugde om te weet dat ons na Hom kan uitreik en Hom kan aanroep.
- Die HERE is jou Rots, jou Vesting en jou Verlosser.
Gebed: Vader, ek begeer om binne u kring van seën, beskerming en guns te leef. Ek reik vandag na U uit en plaas my hand in u hand. Lei my, rig my en wys my die weg. In die Naam van Jesus. Amen.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More