Bemoediging Vir VandagMfano

Lukas 12:24
"Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!"
- Jy is waardevol en kosbaar vir God en Hy het jou lief.
- As God vir die voëls omgee en vir hulle sorg, sal Hy sekerlik vir jou sorg.
- Kom ons neem God se Woord op sigwaarde en glo dat ons waardevol is.
- Hy is jou Voorsiener en Hy sal vir jou sorg.
Gebed: Vader, net soos U vir die voëls sorg en voed, so sal U ook vir my sorg. U is my Bron en my Voorsiener, en ek sien uit na die wonderlike manier waarop U vir my sal sorg. In die Naam van Jesus. Amen.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More