Die Geloof Van GebedSample

Gebed het nie krag nie, God het!
“Gebed het krag.” Wie weet hoeveel boeke oor gebedsverhoring of oor die regte maniere van bid daar nie al op dié beginsel geskoei is nie. Tog is dit nie die punt van gebed nie. As gebed bloot net krag sou hê, dan word dit een of ander magiese handeling. Dan beteken dit dat al die godsdienstige kragreuse of die geestelike liggaamsbouers se gebede outomaties meer krag sou hê as geestelike beginners en sukkelaars. Dis nie waar nie. Al wat God vra, is dat ons Hom baie ernstig sal opneem as ons bid. Dis nie speletjies om sy Naam aan te roep nie. Gebed is om in die heilige teenwoordigheid van die lewende God te wees. Dit is om Hom op sy woord te vat.
Wanneer ons opreg is voor God het ons nie nog tyd ook om te dink of ons kragtig bid, of nie. Wanneer God na ons gebede luister, wil ons ook nie enige eer hiervoor vir onsself opeis nie. Of dink ons gebede het krag nie. Gebed gaan nie oor onsself nie. Of oor ons groot geloof nie. Gebed is om leeg van onsself voor God neer te val. Dit is om al ons hoop op die Here te plaas wanneer die son skyn, maar ook wanneer dit pikdonker is. Gebed is leeg en vol tegelyk – leeg van onsself en vol van God se eer. Ons leegheid van onsself is die geheim tot God se nabyheid en krag. God se genade is uiteindelik al waaroor dit gaan. Gebed is om leeggestroop van onsself te wees en alles van Christus te verwag. Hy is die Hoorder van ons gebede.
Scripture
Related Plans

Freedom in Christ

Decide to Be Bold: A 10-Day Brave Coaches Journey

Light Has Come

The Invitation of Christmas

Does the Devil Know Your Name? A 10-Day Brave Coaches Journey

The Advent of HOPE and the Object of Our Faith.

A Christian Christmas

Hidden: A Devotional for Teen Girls

Grace With a Taste of Cinnamon
