YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Geloof Van GebedSample

Die Geloof Van Gebed

DAY 1 OF 7

Die rekordspoed van gebed Twee van die kortste gebede in die Nuwe Testament kom voor in die Lukas-evangelie. In Lukas 18:9-14 verneem ek van die tollenaar wat bid: “God, wees my, sondaar, genadig.” Net daar, in ʼn hemelse genademoment, word sy gebed verhoor. Jesus vertel dadelik dat hierdie man huis toe gegaan het as iemand wie se saak met God reg is. Genadespoed is rekordspoed. Dit is vinniger as lig. Dit tref jou volspoed wanneer jy voor God staan met niks anders as jou sondes en jou stukkende lewe nie. Daar is geen spoedbeperking op God se genade nie. Hy is altyd op sy vinnigste en beste wanneer jou sondes die grootste is. God kom die naaste aan jou wanneer jy op jou verste van Hom af voel… en wanneer jy jou skuld bely. Nog ʼn kort gebed kom voor in Lukas 23:42-43 wanneer die man langs Jesus aan die kruis vra: “Dink aan my, Here, wanneer U in God se ryk kom.” Dan, in ʼn hemelse genademoment, reageer Jesus: “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” Daar’s nie tyd om te mors wanneer mense by God om genade kom smeek nie. Sulke brandhout moet dadelik uit die vuur geruk word voordat hulle uitbrand. Genade moet teen hemelse spoed afgelewer word. Daarom antwoord God elke keer teen hemelse genadespoed wanneer jou lewe, jou enigste en ewige lewe, op die spel is. Bid gereeld, maar bid ook reg. Bid hemelse genade in jou en in ander se lewens in. En onthou: God se genade vloei keer op keer teen rekordspoed in elkeen se lewe in wat dit opreg van Hom afsmeek.
Day 2

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy