YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Geloof Van GebedSample

Die Geloof Van Gebed

DAY 3 OF 7

Geloof maak nie aldag sin nie; dit hoef ook nie! Wie’t gesê geloof maak aldag sin? * Vra vir Noag. Vir baie jare het hy die spot van mense verduur terwyl hy ʼn groot ark vir God gebou het. Ek meen – ’n ark op droë land? * Vra vir Abraham wat op 75-jarige ouderdom daar in Genesis 12 geroep is as God se antwoord op die sondes van die mensdom. Boonop moes hy en Sara vir nog 25 jaar vashou aan God se belofte terwyl hulle om elke hoek en draai die spot van almal verduur wat gehoor het hulle wag nog op hulle eersteling! * Vra vir ʼn 80-jarige Moses wat ongewapend en al hakkelend by die Farao opgedaag het met ʼn bevel dat hy die Israeliete moet laat trek. * Vra vir Gideon en sy 300 soldate wat gewapen was met fakkels en tromme om meer as 130 000 opponente aan te durf. * Vra vir Dawid wat met net vyf klippies in sy hand vir Goliat, die kampioenvegter van die Filistyne, aangevat het. * Dan is daar nog Petrus ook wat midde-in ʼn storm ʼn paar treë saam met Jesus op water gaan loop het. Of Paulus wat lofliedere tot eer van God sing nadat sy liggaam vroeër die dag in Filippi uitmekaar geslaan is deur vyande van sy Heer. Of Stefanus wat bid dat die Here sy vyande moet vergewe wat besig is om hom met klippe dood te gooi. Nee, die evangelie maak definitief nie altyd sin nie. Daarom dat ek so baie hou van Madeleine L’Engele se woorde oor geloof: “ We try to be too reasonable about what we believe. What I believe is not reasonable at all. In fact, it’s hilariously impossible. Possible things aren’t worth much. These crazy impossible things keep us going .” Sluit elke dag opnuut by hierdie vreemde, dapper geloofsbrigade van die Here aan. Vat Christus op sy woord. Hou die Here se hand styf vas. Hy is by jou al die dae tot aan die einde.
Day 2Day 4

About this Plan

Die Geloof Van Gebed

Voel dit asof jy teen jou huis se plafon vasbid? Voel dit asof God nie jou gebede hoor, of selfs vinnig genoeg antwoord nie? Wonder jy of jou geloof dalk die probleem is vir jou gebedslewe? Volg ons saam oor die volgende...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy