Hoe om swaarkry en lyding te hanteerSample

Rig jou oë op Jesus
“Dink inderdaad aan Hom (Jesus) wat so 'n vyandigheid van die kant van sondaars teen Hom verduur het, sodat julle nie geestelik moeg raak en uitsak nie” (Hebreërs 12:3 AFR20).
Wanneer jy oor jou geloof gespot en onregverdig behandel word, voel jy dalk baie eensaam. Dit is moeilik om uitgesluit te word! Jy is egter nie alleen nie. Die boek Hebreërs gee 'n lang lys van mense wat ook in geloof gewandel het. Baie van hulle het ook beproewinge ondervind. Ons lees van spot en geseling, kettings en tronkstraf, vervolging en mishandeling, selfs moord. Hierdie mense het in geloof gesterf en God se redding verwag.
Die uiteindelike voorbeeld is Jesus, wat ons geloof volkome maak. Hy het beledigings verduur en aan 'n kruis gely en gesterf ─ namens ons. Die boek Hebreërs sê dat Hy dit alles verduur het “vanweë die vreugde wat Hy op Hom kon sien wag” (Hebreërs 12:2 AFR20). Jesus het die beloning van sy lyding ontvang. Hy sit nou aan God se regterhand in heerlikheid, omring deur mense wat Hy gered het.
Wanneer jy moeg word vir al die lyding en beproewing waardeur jy gaan, rig jou oë op Jesus en op die heerlikheid wat Hy vir jou voorberei het as jy in Hom glo. Soos Paulus sê: “Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, ek het die geloof behou. Nou wag die oorwinningskrans van geregtigheid op my, wat die Here, die regverdige Regter, op daardie dag vir my sal gee – en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat sy koms liefhet” (2 Timoteus 4:7-8 AFR20)
As jy na Jesus kyk, sal jy die wedloop wat voor jou lê met uithouvermoë hardloop.
About this Plan

Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.
More
Related Plans

BEMA Liturgy I — Part D

The Otherness of God

Uncharted - Navigating the Unknown With a Trusted God

The Way to True Happiness

Receive

21 Days of Fasting and Prayer - Heaven Come Down

Loving Well in Community

Self-Care

Dare to Dream
