Hoe om swaarkry en lyding te hanteerSample

Jou swakheid in lyding sal God se krag openbaar
“Ter wille van Christus verheug ek my in swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede; want wanneer ek swak is, juis dan is ek sterk” (2 Korinthiërs 12:10 AFR20).
Nie net is swaarkry, vervolging en rampspoed moeilik om te verduur nie, dit is ook geneig om die verspreiding van die evangelie en ons diens aan die Here te belemmer. Wanneer owerhede sendelinge nie die visum gee wat hulle nodig het nie, wanneer ’n pandemie kerke dwing om evangelisasie-geleenthede te kanselleer of wanneer siekte ’n mens se moontlikhede beperk om in God se koninkryk te dien, kan ons maklik gefrustreerd raak. Ons is so swak en ons kan so min doen. Hoekom laat God ons nie toe om sterk en doeltreffend en vrugbaar te wees nie?
Paulus en Silas was op 'n sendingreis toe die Gees hulle verbied het om die Woord van God in Asië te preek en hulle nie toegelaat het om na Bitinië te gaan nie. In plaas daarvan om gefrustreerd te raak, het hulle God se leiding gevolg en na ’n ander streek gegaan, genaamd Masedonië. Nadat hulle die evangelie daar verkondig het, het hulle in die tronk beland. Dit was totaal onregverdig. Alles het verkeerd geloop! Maar selfs nadat hulle geslaan is, het Paulus en Silas gebid en liedere gesing. Op die ou end het die tronkbewaarder en sy hele huisgesin tot geloof gekom.
Hierdie sendingreis het glad nie volgens plan verloop nie. God het egter die swaarkry gebruik om mense tot geloof te bring. Paulus het geleer dat veral wanneer hy swak was, hy sterk in God was. Die Here kan op onverwagte maniere werk.
Is daar swakhede en swaarkry in jou lewe?
Scripture
About this Plan

Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.
More
Related Plans

BEMA Liturgy I — Part D

The Otherness of God

Uncharted - Navigating the Unknown With a Trusted God

The Way to True Happiness

Receive

21 Days of Fasting and Prayer - Heaven Come Down

Loving Well in Community

Self-Care

Dare to Dream
