Hoe om swaarkry en lyding te hanteerSample

Om vervolg te word is beter as om buite God se teenwoordigheid te leef
“Gelukkig is julle wanneer die mense julle om My ontwil beledig en vervolg en vals beskuldig van alles wat sleg is. Wees bly en jubel, omdat julle beloning groot is in die hemele. Hulle het immers die profete vóór julle net so vervolg” (Matteus 5:11-12 AFR20).
Wanneer ons Jesus se voetstappe volg en in ooreenstemming met Hom leef, ervaar ons die vreugde van God se teenwoordigheid. Boonop noem Jesus ons "geseënd" en belowe 'n groot beloning wanneer ons ter wille van Hom vervolg word.
Die apostel Petrus het probeer om vervolging te vermy. Toe Jesus gearresteer en ondervra is, het Petrus Hom verloën. Hy het selfs gesweer dat hy nie "hierdie man" ken nie, want hy was so bang om self gearresteer te word omdat hy 'n dissipel van Jesus was. Sy bedrog het gewerk en hy het ontsnap, maar toe hy besef wat hy gedoen het, het hy gebreek en bitterlik gehuil (Matteus 26:75).
Ja, om Jesus te volg het 'n koste. Dit kan baie moeilik raak as jy ter wille van geregtigheid vervolg word, maar weghardloop bring jou nie blywende vreugde nie. Buite God se teenwoordigheid is daar net duisternis.
Petrus het Jesus verloën, maar Jesus het hom vergewe en hom as apostel herstel. Eers toe het Petrus nuwe vreugde en vrede gevind. Met hierdie persoonlike ervaring in gedagte, moedig Petrus sy lesers aan: “Maar selfs al sou julle ly ter wille van wat reg is, gelukkig is julle. Moenie hulle intimidasie vrees, of ontsteld raak nie ...” (1 Petrus 3:14 AFR20). In God se teenwoordigheid is vrede en vreugde – ten spyte van vervolging.
About this Plan

Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.
More
Related Plans

BEMA Liturgy I — Part D

The Otherness of God

Uncharted - Navigating the Unknown With a Trusted God

The Way to True Happiness

Receive

21 Days of Fasting and Prayer - Heaven Come Down

Loving Well in Community

Self-Care

Dare to Dream
