Hoe om swaarkry en lyding te hanteerSample

Om geteister te word maak van jou 'n beter trooster
“Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die Vader van barmhartigheid en God van alle bemoediging! Hy bemoedig ons in al ons verdrukkings, sodat ons hulle wat in allerhande verdrukkings verkeer, kan bemoedig met die bemoediging waarmee ons self deur God bemoedig word” (2 Korinthiërs 1:3-4 AFR20).
'n Gedeelde probleem is 'n probleem wat gehalveer word, lui 'n algemene spreekwoord. Dit kan 'n groot verligting wees om vir iemand te vertel wat ons pla, waaroor ons bekommerd is of waardeur ons gaan. Dit is vertroostend as iemand opreg met ons simpatiseer en belangstelling toon. Dit is selfs beter as jy agterkom dat hulle jou regtig verstaan omdat hulle ook ervaar het waardeur jy gaan.
Iemand wat 'n man, vrou of kind verloor het, kan vertroosting bied na die dood van 'n geliefde. Iemand wat al lank siek is, verstaan hoe moeilik dit is om van ander se hulp afhanklik te wees. Iemand wat deur depressie gegaan het, verstaan hoe moeilik dit is om negatiewe gedagtes gevange te neem.
So is dit met gelowiges wat swaarkry ervaar, skryf Paulus. As jy ter wille van Jesus moes ly en deur God vertroos is, kan jy daardie troos aan ander oordra. Dit is een rede waarom Paulus se eie woorde soveel impak het!
Jesus weet ook waardeur sy kinders gaan. Alhoewel onskuldig, is Hy ter dood veroordeel, gemartel, op gespoeg en bespot. Hy het van God verlate gevoel en vrees ervaar. Hy kan jou werklik troos, want Hy verstaan jou ellende.
Scripture
About this Plan

Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.
More
Related Plans

BEMA Liturgy I — Part D

The Otherness of God

Uncharted - Navigating the Unknown With a Trusted God

The Way to True Happiness

Receive

21 Days of Fasting and Prayer - Heaven Come Down

Loving Well in Community

Self-Care

Dare to Dream
