YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

God se wilSample

God se wil

DAY 43 OF 71

SESSIE 7: WEES VRYGEWIG God se huisreëls: 5. Wees vrygewig. Kerk in die algemeen was nog baie selde ’n vrygewige plek. Vrygewigheid is nie om bloot jou dankoffer te gee nie. Dis ’n totale hartsgesindheid wat van Jesus Christus se vrygewigheid aan die kruis af kom. Dink aan Markus 12: 41–44 toe die arm weduwee haar enigste twee muntstukke in die offergawekis gegooi het. Dink ook aan Markus 14: 3–10 waar die vrou eenhonderd silwermuntstukke (een en ’n halwe jaar se inkomste vir ’n dagloner) se reukolie oor Jesus uitgegooi het! Dis die soort van vrygewigheid wat saam met die evangelie gaan. Indien jy een tiende van jou inkomste as dankoffer gee, dan het jy nog net nie van die Here gesteel nie, maar jy is lank nog nie vrygewig nie.
Day 42Day 44

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy