YouVersion Logo
Search Icon

Wapenrusting van GodSample

Wapenrusting van God

DAY 12 OF 43

Lees: 2 Korintiërs 5:17–21

SOAP: 2 Korintiërs 5:21

"Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees."

Oordenking

Christenskap is nie “regverdig” nie. Dit is nie regverdig dat die Een sonder sonde, wat nooit iets verkeerd gedoen het nie, die prys vir sondige mense moes betaal nie: die moordenaars, leuenaars, en bedrieërs en elke sondaar tussenin. Tog is dit presies wat Jesus aan die kruis gedoen het.

Een van die merkwaardigste aspekte van ons verhouding met Jesus is dat ons sondes ons nie meer definieer nie. In plaas daarvan word ons deur sy geregtigheid bedek. Jesus het ons sondes op Hom geneem en vir ons in die plek van sonde, sy geregtigheid gegee. Dit is hierdie waarheid wat ons verander wanneer ons kies om in die lig van God se liefde te wandel, verseker van die wete dat ons geliefd, vergewe en regverdig gemaak is deur Jesus se offer.

Uit liefde rus God ons genadiglik toe met die borsharnas van geregtigheid. Selfs al het ons hierdie geregtigheid eens en vir altyd ontvang toe ons ons geloof in Hom geplaas het, leef ons daagliks deur God se reiniging en genade. Dit help ons om ons harte teen die Satan se strategiese aanvalle te beskerm. Die Satan noem ons dalk by ons sondes, maar Jesus noem ons op ons name. Dit is Jesus se geregtigheid wat ons harte teen die Satan se aanklagte beskerm.

Gebed

Dierbare Vader, dankie vir die beskerming wat U vir ons voorsien het. Help my om opreg en onbeskaamd met die wapenrusting te leef wat U uit liefde vir my gegee het. Help my om in u genade en geregtigheid vas te staan. Amen.

About this Plan

Wapenrusting van God

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend

More