Wie Is God?Sample

Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 2 Timoteus 1:9-14
Paulus skryf in sy laaste brief aan Timoteus oor die noodsaak van getrouheid aan die evangelie. Timoteus moet homself herinner aan dié dinge wat Paulus hom geleer het, sodat hy sy getrouheid kan versterk en die passie van sy roeping soos ‘n vuur kan aanblaas in afhanklikheid van die Heilige Gees. Hy moet vashou aan die maatstaf van die gesonde lering wat hy ontvang het. Dan sal hy nie skaam wees om die evangelie te verkondig nie, en sy deel van die ontberings dra vir die evangelie, met die krag wat God gee. Dié getrouheid moet volgehou word in die konteks van mense wat juis die teenoorgestelde doen (Figelus en Hermongenes). Gelukkig is daar ook die getroues soos Onesiforus wie se onbaatsugtige ondersteuning van Paulus in die tronk as voorbeeld en motivering kan dien.
1. Watter impak het beide die teenstanders van die gesonde leer as die voorstanders daarvan op jou eie geloof en lewe?
2. Paulus spel drie riglyne in die laaste drie reëls uit – Hou vas aan die gesonde lering, lewe in geloof en liefde, en bewaar die skat van die evangelie deur die Heilige Gees. Dink ná oor elke aspek en oorweeg hoe jy dit kan navolg.
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan jou opdrag om vas te hou, in geloof en liefde te leef en die evangelie te bewaar.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van 2 Timoteus 1 met die tema: Getrou aan die evangelie.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Be Fruitful

Living LifeWise: The Good Samaritan

Helping Your Kids Know God's Good Design

God With Us: Lessons From the Incarnation

Victory Is Yours: Overcome Life’s Challenges God's Way

THE PRAYER of JABEZ

Spiritual Portals

The Power of Generosity: Sharing God’s Abundance

7 Days to Fall in Love With Jesus – Jean-Luc Trachsel
