YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 326 OF 364

Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? — Titus 1:10-2:1

Paulus wil hê dat die gemeente teen dwaalleraars optree (1:11). Hulle monde moet ook nie net gesnoer word nie, maar hulle moet gehelp word om gesond in geloof te word, deur die gesonde leer aan te hang. Die dwaalleraars bevestig mense in hulle eie sondigheid. Só kan jy egter nie ‘n gemeenskap verander nie! ‘n Gesonde geloof kan net deur ‘n gesonde leer tot ‘n gesonde lewe lei. Met gesonde leer bedoel hy nie soseer die sistematisering van die Christelike geloof wat ‘n mens aan ‘n kweekskool of universiteit sou leer nie, maar eerder die praktiese toepassing van die geloof, waarin hulle deur Paulus onderrig is. ‘n Mens sou ook van die gesonde leer as dissipelskap kon praat, as’t ware die praktiese implikasies van jou geloof in Jesus Christus.

1. Waar sien jy in jou konteks opstand teen die regte onderrig uit die Skrif raak? Hoe raak dit jou?

2. Hoe kan jy help dat die soort leefstyl in jou konteks bevorder word wat die gesonde leër weerspieël?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat jou eie leefstyl die gesonde leer moet weerspieël.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Titus 1-2 met die temas: Gesonde geloof en Gesonde leer.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More