YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 324 OF 364

Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? — Galasiërs 1:6-9

Let op dat Paulus hierdie brief nie soos gebruiklik met ’n dankie-sê begin nie. In al sy vorige briewe is daar ’n dankwoord vir die gemeente. In sy brief aan die Tessalonisense dank hy God vir hulle geloof, hoop en liefde en aan die Korintiërs vir hulle gawes. Trouens in al sy ander briewe is daar ’n dankwoord vir die gelowiges van een of ander aard: vir hulle geloof (Romeine), vir hulle samewerking in die evangelie (Filippense), vir liefde en trou (Filemon), vir hulle geloof en liefde wat vrug dra (Kolossense, Efesiërs).

Paulus begin hier in sy brief aan die Galasiërs egter onmiddellik met sy bekommernis oor hulle dat hulle so gou afvallig geword het en ’n ander evangelie aangeneem het. En hy spreek ’n dubbele vloek uit oor enigiemand wat ’n ander evangelie verkondig as hy.

1. Hoekom dink jy is Paulus só skerp en onverbiddelik in sy brief aan die Galasiërs?

2. Wat dink jy is die kern van die evangelie — die goeie nuus? Beleef jy ‘n konflik met ander wat ‘n “ander evangelie” verkondig? Wat doen dit aan jou? Hoe hanteer jy dit?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat daar net een evangelie is en dat jy geroep is om daaraan getrou te leef.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Galasiërs 1 met die tema: Om met vertroue, verwagting en volharding te leef.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More