YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 320 OF 364

Wat is die Christelike kerk? — Efesiërs 5:25-33

Gewoonlik lees ons hierdie teks om iets van die huwelik tussen man en vrou agter te kom. En dit is ‘n wonderlike boodskap. Lees dit egter nou uit die hoek van wat dit vir ons sê oor die verhouding tussen Christus en die kerk

1. Wat sien jy hier raak oor wat Christus vir sy kerk doen? Hoe ervaar jy dit in jou eie gemeente?

2. Wat sien jy hier raak oor wat jou rol as lid van die kerk moet wees? Hoe is jy besig om dit uit te voer?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die intieme verhouding van Christus met die kerk waarvan jy ‘n lid is.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Efesiërs 5 met die tema: Ander se belange word eerste gestel in die huwelik, gesin en werkplek.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More