Wie Is God?Sample

Vraag 40: Wat is gebed?
1. Wat is gebed?
2. Lees my antwoord en oordink dit.
Gebed is om my hart sonder ophou uit te stort voor die enigste ware God in lofprysing, aanbidding, skuldbelydenis, voorbidding en danksegging. Ons Middelaar en Voorspraak, Jesus Christus, gee my toegang tot God in sy heiligdom. Daarom kan ek met ’n waaragtige hart, vrymoedig en vir seker, tot God bid, omdat Jesus Christus altyd leef om vir my in te tree.
3. Lees Nehemia se verhaal in Nehemia 1:1-2:8. Wat tref jou?
4. Lees my opmerkings daaroor. Oordink dit.
Nehemia het sy hart uitgestort voor God en Hy het geluister
Nehemia was bekommerd oor Jerusalem. Dit het baie sleg met die Jode gegaan. Hy het dae aaneen gehuil, gevas en sy hart voor die God van die hemel uitgestort. Hy het God geloof dat Hy groot is. Hy het God aanbid dat Hy getrou is. Hy het die skuld van sy mense voor God bely. Hulle het verkeerd opgetree deur nie die wet van Moses te gehoorsaam nie. Hy het voorbidding gedoen en gevra dat die koning hom goedgesind sal wees. Die Here het geluister en Nehemia kon met dankbaarheid in sy hart die Jode gaan help.
Ekstra inligting
4.1 Die eerste gebed van Nehemia kom na die ontstellende nuus oor Jerusalem wat hy in 445 vC van Ganani kry. Die tyd van gebed het waarskynlik ongeveer 4 maande geduur, omdat hy reeds in die negende maand, Kislef, die nuus gekry het en eers in die eerste maand, Nisan, dit wil sê die volgende jaar volgens die Joodse kalender, met die koning praat.
4.2 Die tweede gebed van Nehemia (2:5) is die eerste “skietgebed” waarvan ons in die Bybel lees.
5. Lees die Heidelbergse Kategismus 116-118 oor gebed en dink na oor wat dit jou leer oor gebed.
Heidelbergse Kategismus 116-118
116 Vraag: Waarom is die gebed vir die Christene nodig?
Antwoord: Omdat dit die vernaamste deel van die dankbaarheid is wat God van ons eis (a): En omdat God sy genade en Heilige Gees alleen aan hulle wil gee wat Hom met hartlike versugtinge sonder ophou daarom bid en daarvoor dank (b).
(a) Psalm 50:14. (b) Matteus 7:7; Lukas 11:9, 13; 1 Tessalonisense 5:17.
117 Vraag: Hoe moet 'n gebed wees wat God behaag en deur Hom verhoor word?
Antwoord: Ten eerste moet ons alleen die enige ware God wat Hom in sy Woord geopenbaar het (a), van harte aanroep (b) vir alles waarvoor Hy ons beveel het om te bid (c). Ten tweede moet ons ons nood en ellende reg en grondig ken (d) sodat ons ons voor sy majesteit kan verootmoedig (e). Ten derde het ons hierdie vaste grond (f) dat Hy ons gebed, hoewel ons dit nie verdien nie, tog ter wille van die Here Christus sekerlik wil verhoor (g) soos Hy dit vir ons in sy Woord beloof het (h).
(a) Openbaring 19:10; Johannes 4:22-24. (b) Romeine 8:26; 1 Johannes 5:14; Jakobus 1:5. (c) Johannes 4:24; Psalm 145:18. (d) 2 Kronieke 20:12. (e) Psalm 2:11; 34:19; Jesaja 66:2. (f) Romeine 10:14; Jakobus 1:6. (g) Johannes 14:13;16:23; Daniël 9:18. (h) Matteus 7:8; Psalm 27:8.
118 Vraag: Wat het God ons beveel om van Hom te bid?
Antwoord: Alle geestelike en liggaamlike behoeftes wat Christus saamgevat het, in die gebed wat Hy self aan ons geleer het (a).
(a) Jakobus 1:17; Matteus 6:33.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Horizon Church October Bible Reading Plan - the Book of Romans: Freely Justified

The Table: What a Boy Discovered at Camp

Workplace Evangelism - 40 Rockets Tips (26-30)

The Letter to the Colossians and the Letter to Philemon

I Feel Abandoned

So That

God's Love Letter to You - Chronological Bible in a Year

Parables of Grace: Embrace God’s Love for You

Unlimited Motherhood: Overcome 12 Limits That Overwhelm and Conflict Our Hearts
