YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 271 OF 364

Vraag 39: Hoe help die Heilige Gees jou? — Galasiërs 5:22-23

1. Dit is die tweede baie praktiese manier waarop ‘n mens die werk van die Heilige Gees in jou lewe agterkom. Dink na oor jou lewe. Waar kom jy aspekte van hierdie vrug in jou lewe agter? Waarmee sukkel jy?

2. Paulus beskryf die vrug van die Heilige Gees as iets wat deur die Gees voortgebring word in ons lewe. Wat dink jy is nodig dat dit kan gebeur? Lees ‘n bietjie wyer in Galasiërs 5 om jou daarmee te help.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jou lewe in die Gees vrug sal dra. Wy jou aan Hom toe dat Hy jou gedrag bepaal.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Galasiërs 5 met die tema: Dra die vrug van die Gees in die gemeenskap van die gelowiges.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More