YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 270 OF 364

Vraag 39: Hoe help die Heilige Gees jou? — 1 Korintiërs 12:4-10

1. Daar is twee verdere praktiese maniere waarop ons die werk van die Heilige Gees in ons lewens agterkom. Die eerste is die gawes wat Hy aan elke kind van God gee. Wat is die gawes wat Hy vir jou gegee het? Hoe funksioneer dit in jou lewe?

2. Watter gawes kan jy in die gelowiges rondom jou raaksien? Hoe werk julle gawes saam om die liggaam van Christus te bou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die gawes wat Heilige Gees vir jou gegee het en besluit opnuut om dit onder sy leiding te ontwikkel en gebruik.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van 1 Korintiërs 12 met die tema: Verskeidenheid dien die eenheid.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More